- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks
Viskos!
R 190.00
Wat sal jy doen as 'n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel? Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar iets is nie reg nie ... Daar wag 'n GROOT skok op die hele skool toe Dennis se goudvis begin groei en groei en GROEI! Kort voor lank is selfs die weermag op die toneel. Dennis is die enigste een ...
Voelverskrikkertroue, Die (Julia Donaldson)
R 190.00
Bettie van Riet en ou Stokkies van Graan het reg langs mekaar in die weiland gestaan. Hul was lief vir mekaar en wou graag trou, maar hy moes haar eers red van ’n ander ou! Terwyl Stokkies van Graan alles vir die bruilof in orde probeer kry, neem Albertus van Hooy sy intrek op die weiland … Albertus probeer Bettie se hart wen met sy sierlike man...
Volmaan: Omnibus
R 230.00
’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander. ’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. ’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander. ’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg. En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maa...
Vonkie Die Draakperdjie Draak Se Kind
R 60.00
Vonkie hou sy vlam al goed in toom! Hy kan al vier perfekte rookringetjies blaas! Maar Vonkie voel … anders … Hy dink nie hy hoort in Hoefysterbos nie.
Vonkie Die Draakperdjie Vuur En Vlam
R 90.00
Jou pappa is … 'n draak! Ontmoet vir Vonkie. Hy lyk soos 'n gewone perdjie. Hy doen gewone perdjie-dinge en het gewone perdjie-maatjies. Maar Vonkie is geen gewone perdjie nie … O nee, Vonkie is 'n draakperdjie!
Vou en vind: Ontdek diere!
R 195.00
Hierdie unieke vouboek bevat verskeie dieretonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende soorte diere.
Vou en vind: Reis deur tyd!
R 195.00
Hierdie unieke vouboek bevat verskeie historiese tonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende historiese tydperke!
Vreesloos
R 220.00
Vreesloos? Elle is eerder vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op ...
Vriendelike Ballerina, Die
R 95.00
'n Ballerina leer hoe vriendelikheid 'n ware ster van jou kan maak in hierdie prettige boek. Goeie maniere... Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees --- en die lewe vir almal 'n bietjie makliker maak!
Vrolike Vriende: Soek en Pas Oerwoud-Partytjie
R 50.00
Help vir Lennie Leeu om die uitnodigings na sy partytjie af te lewer! Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige teks en prettige kartonkarakters wat in die gleufies op die bladsye pas, is hierdie boek perfek vir kleuters om saam te lees en saam te speel, deur telkens die verskillende dierekarakters te soek en pas op elke bladsy.
Vrolike Vriende: Soek en Pas Prettige-Plaas!
R 50.00
Lammie die skapie is op pad skool toe en hy het jou hulp nodig! Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige teks en prettige kartonkarakters wat in die gleufies op die bladsye pas, is hierdie boek perfek vir kleuters om saam te lees en saam te speel, deur telkens die verskillende dierekarakters te soek en pas op elke bladsy.
Vrot Eier
R 100.00
Kan ’n hond se stink talent die wêreld red? Het jy al ’n bloukaas met hope persoonlikheid teëgekom? Wat moet jy doen as jou ouma se handgemaakte geskenk in die toilet beland? Sal jy ’n hele rugbyspan se vuil kouse was? Hierdie boek bevat sewe stink stories, so druk toe jou neus voor jy begin lees!
Vrugte van die Gees: Liefde, Geduld, Vriendelikheid
R 89.00
Die tweede boek in die Vrugte van die Gees-reeks. Elke boek bevat ’n storie, ’n Bybelstorie met ’n boodskap, ’n gebed, ’n Bybelvers en ’n praktiese uitdaging. Saam leer Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen van eienskappe wat die Here graag in hulle lewe wil sien.
Vuil Ferdie: Burp!
R 170.00
Ontmoet vir Vuil Ferdie, ’n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie ’n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd ...
Vuil Ferdie: Eeuw!
R 180.00
In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.
Vuil Ferdie: Kieme!
R 180.00
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.