- Home
- DiskontoBooks
- Fiksie
DiskontoBooks

Bitterbosbende (2): Die Been in die Bos
R 175.00
Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . 'n been? En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat pass...

Bitterbosbende (3): Die Grafsteensangers
R 175.00
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisb...

Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories
R 190.00
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Susan Ongansie, Anzil Kulsen, Annerlé Barnard, Elizabeth Wasserman, Fanie Viljoen ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundepro...

Blinktand van Bosveldparadys
R 190.00
Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het. Die storie begin by die geboorte van Blinktand en eindig waar hy die president van Bosveldparadys word na die dood van Boskaas, die ou leeu-president. Die jong leser beleef nie net gevaarlike gebeu...

Blonde Bom, 'n
R 60.00
In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomk...

Blou Maandag
R 180.00
Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana...

Blou Sjokolade
R 160.00
Dolgelukkig. Dit is hoe Elle deesdae voel. Maar dan loop dinge onverwags skeef. En in plaas daarvan om die strate van Parys plat te loop, moet Elle haar lelike stapstewels uitgrawe vir 'n staptog van 'n heel ander aard ... een wat definitief nie vir sissies bedoel is nie. Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese ti...

Boekwinkel Tussen die Wolke
R 220.00
Welkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ’n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ’n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ’n avontuur wat Ella se hele lewe ga...

Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende - Laerskool-Stories, 'n
R 130.00
n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser lee...

Boeliebief
R 100.00
Wat doen ’n mens met duisend blikkies boeliebief? Het jou oupa se neushare al die voorblad van die koerant gehaal? Hoe lyk ’n verliefde volstruis? Wat kan jy alles met die skoolhoof se hartjie-onderbroek aanvang? Hierdie boek bevat sewe snaakse stories wat jou gaan laat skater, skree of snork van die lag!

Boendoesbaai-ding, Die
R 60.00
Wanneer Eddie twee mans hoor praat oor ’n rooftog jare gelede tydens die Boendoesbaai Derby, is hy vasberade om die geheim te ontrafel. Kon so iets skokkends ooit in hulle klein kusdorpie gebeur? Maryna Cloete, pal met haar neus in ander se sake, meng natuurlik dadelik in met sy planne. Hulle pad kruis ook met die Von Dempter-neefs, Hein en Roel...

Bok wat sy spring verloor het, Die
R 170.00
Wat is 'n springbok sonder sy spring? Net 'n bok? Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor met skreeusnaakse gevolge. 'n Humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en die krag van vriendskap.

Bomani Meerkat: Die twee jaloerse meerkatte en ander avonture
R 30.00
Iets vreesliks het in die Kalahari gebeur – die meerkatte baklei onder mekaar en is nie meer een groot, gelukkige familie nie. Wat gaan Dapper Bomani doen om die vrede te herstel? Sluit by hom aan in ’n klompie nuwe avonture. Julle gaan weer vir Thandi, ’n ou vriendin, raakloop. Maar ook ’n nuwe vriend, Makhaya die Dassie. Dan is daar nog Byevan...

Bomani Meerkat: Die Veer van Vriendskap en ander Avonture
R 30.00
Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daa...

Bontie se Brul
R 90.00
Dinosourusse kompeteer gereeld om te hoor wie die hardste kan brul. Brontie die brontosourus wil eerder sing as om te brul. Al kan hy nie goed sien nie en al maak harde geluide hom skrik, kan hy baie fyn luister. Daarom weet hy sy maats is ook bang dat hulle nie goed genoeg is nie, al brul hulle hóé hard. Dan doen Brontie ’n dapper ding: Hy sing...

Boom se Naam is Bojabi, Die
R 70.00
'n STORIE UIT AFRIKA Die diere is so, so honger. Dan sien hulle 'n pragtige boom, oortrek met rooi, ryp vrugte wat ruik na die soetste vesel-perske, vet soos 'n spanspek, sappig soos 'n grannaat... Maar...styf opgekrul om die boom is die grootste luislang wat hulle nog ooit gesien het. En die luislang sal die diere net van die vrugte laat eet ...