- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks

Stalmaats: Wegholrit
R 70.00
Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ...

Stap vir stap: Tel tot 100
R 160.00
Met hierdie hardeband-boeke kan kinders leer hoe om tot 100 te tel. Met helder illustrasies is daar op elke bladsy iets om te tel, saam met ander goed om te soek en vind. Op hierdie prettige manier kan kinders se telvermoë vinnig verbeter!

Stap vir stap: Tel tot 50
R 160.00
Met hierdie hardeband-boeke kan kinders leer hoe om tot 50 te tel. Met helder illustrasies is daar op elke bladsy iets om te tel, saam met ander goed om te soek en vind. Op hierdie prettige manier kan kinders se telvermoë vinnig verbeter!

Ster en die skugter vyf
R 220.00
Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens."Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die an...

Ster Kykers: Gedigte vir Tieners
R 200.00
Skryf 'n liefdesbrief. Bemeester die kuns van hande vashou. Vuisstamp die lewe voluit. Lag soos die mense in advertensies. Raak onsigbaar. Twiet vir iemand 'n vers. 'n Bundel vars, verrassende, vuishou-op-die-maag-gedigte vir tieners wat saamgestel is om hedendaagse jongmense se leefwerels te weerspieel.

Sterbelaaide Feiteboek oor die Ruimte, Die
R 150.00
Aanskou die geboorte van galaksies, koes vir ontploffende supernovas en systap die suigkrag van gravitasiekolke! In die sterbelaaide feiteboek oor die ruimte kan jy ons sonnestelsel, die diepruim, en ander uithoeke van die heelal soos 'n wafferse sterrekundige of ruimtevaarder verken. Vind honderde insteressante feite en talle asemrowende foto's...

Sterre vir die Donker
R 220.00
Dit is aaklig om op amper sewentien so baie dinge nie te weet nie. Nie te weet of jou ma dalk reg is en jy net ’n pil moet drink om die donkerte tekeer nie, nie te weet of jou broer se ambisie hom die kluts gaan laat kwyt raak nie. Om nie eers te praat oor die feit dat jy glád nie te weet wat jy met die res van jou vreeslike gemiddelde lewe wil...

Stille waters
R 315.00
Hanna, ’n dinamiese en suksesvolle personeelagent, lewe teen ’n vinnige pas. Sy’t haar eie besigheid, is gelukkig getroud en het twee kinders rondom wie sy haar besige lewe beplan. Maar toe sy een middag ná ’n blitsbesoek aan die winkels by die huis opdaag, stort haar hele kaartehuis ineen. Sal sy in die maa...

Stink sokkies
R 130.00
Ben het ’n probleem. ’n Stink probleem. Hy het net een paar sokkies vir die skoolkamp ingepak … en dit ruik kort voor lank aaklig! Van die kinders op die kamp begin hom terg. Gelukkig het sy beste maat ’n briljante plan …

Stoffel die boer
R 150.00
Stoffel moet saad op sy plaas saai, maar sal dit groei? Freek en Frikkie gaan hom help! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Stoffel die bouer
R 140.00
Stoffel werk vandag hard. Hy bou vir sy vriendin ’n nuwe huis. Roffel help hom, want daar is so baie om te doen! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Stoffel se garage
R 150.00
Stoffel moet al weer iemand met ’n kar help. Sal hy al die karre wat stukkend is vandag kan regmaak? Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Stoffel se skool
R 150.00
Dis ’n skooldag en daar is baie om te doen! Die kinders gaan na stories luister, leer tuinmaak en skilder, en boonop middagete kry - alles op een dag! Sjoe! Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek is vir beginners.

Stokman
R 190.00
Die Stokman bly saam met sy Stokkies-gesin in hulle familieboom.... "'n Skreeusnaakse boek." "Jy sal die boek oor en oor lees"

Storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het
R 170.00
Op ’n helder, sonnige môre tref ’n katastrofe die molletjie. Iets wat soos ’n wors lyk, val reg bo-op sy kop! Hoogs ontstoke ondervra hy dier na dier om uit te vind wie op sy kop gedinges het. Die molletjie se soektog is ’n prettige en tegelyk informatiewe ontdekking van ’n soms afgeskeepte maar baie belangrike en natuurlike aspek van die d...

Storie van Racheltjie de Beer, Die
R 140.00
Racheltjie, haar Pa, haar boetie Jamie en Frikkie die hanskalf trek al vir maande na die groot stad waar ’n beter lewe op hulle wag. Maar wanneer die ossewa breek, moet hulle oorbly by Tant Soekie se verlate ou plaashuis. “As die bergrivierlelie blom soos nou, beteken dit swaar sneeu,” waarsku die ou tante. Sy weet Tant Soekie is reg, want Rach...