- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks
Superhelde van die Savanna
R 170.00
Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede! ’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.
Superheroes vlieg net saans
R 180.00
Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is? Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.
Superskurk
R 190.00
Daar is ten minste 10 000 redes waarom ’n vakansie by Wessel se oupa NIE ’n goeie idee is nie. Sy oupa Zirk bly in ’n groot, grillerige ou huis buite die stad. ’n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef. Daar is honderde reëls in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reëls, is ’n hamerkophaai met...
Superwurm (Julia Donaldson)
R 190.00
Jy't niks om te vrees as Superwurm naby is nie. Hy kan sy lang lyf inspan om Gogga uit 'n put te red en Padda betyds uit 'n besige pad te gryp. Maar wie sal tot Superwurm se redding kom as Toornaar Akkedis hom ontvoer?
Suurlemoen! 'n Storie oor Liefde, Rock en 'n Tuinkabouter
R 220.00
Suurlemoen! is 'n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is 'n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek 'n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word. Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boek ...
Suzie Se Superdoeper-Sjampoe
R 170.00
Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al ‘n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy ’n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies… Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop i...
Swakste Restaurant in die Heelal, Die
R 230.00
‘n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories! Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Gee vir tannie Breggie ‘n ou soentjie – as jy dapper genoeg is! Vind uit hoe ‘n mens too...
Sweef en ander verhale
R 200.00
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Sweef en ander verhale
R 250.00
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).
Sylvester: Ramkat van die Groot-Karoo
R 260.00
Hoe hard kan Sylvester brul?In hierdie besonders geïllustreerde boek het meester storieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Lees oor die avonture van Sylveste...
Tale wat ons praat, Die (RSG)
R 230.00
Wanneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry ’n mens in ’n baan, of in ’n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoe...
Tandjiemonster Partytjie - Met Dvd, Die
R 150.00
Benjamin Beertjie is mal oor lekkergoed. O, maar hy's nie die enigste een nie! Die tandjiemonsters hou partytjie tussen sy tandjies en smul heerlik saam. Dokter Reiko vertel al meer as 20 jaar vir haar pasientjies van Koning Kiem en sy bende. Kom kuier saam met Benjamin Beertjie by die tandarts en hou tande gesond en glimlaggies.
Tania Brink Omnibus 1
R 290.00
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerleesliefdesomnibus! My hart is vol graffiti Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ’n artikel vir ’n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ’n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ’n opwindende nuwe wêreld bekend s...
Tant Bettie se Broekie
R 160.00
Tant Bettie het 'n gunstelingbroekie wat op 'n dag van die wasgoeddraad afgewaai word – en wilde avonture beleef. Sal Tant Bettie ooit weer haar broekie terugkry? 'n Storie met koddige kinkels en vrolike illustrasies, perfek vir voorlees!
Te Poenankies Vir Woorde
R 130.00
“Te poenankies vir woorde” is 'n unieke en inkleurboek wat fokus op idiome en gesegdes oor vriendskap, liefde en omgee. Hierdie boek is ontwerp om kinders en selfs volwassenes te inspireer om die waarde van liefde en vriendskap te vier. Met pragtige illustrasies om in te kleur en betekenisvolle idiome om te ontdek, is hierdie boek perfek vir geb...
Teddie se Piekniek: My eerste Leesboek (GROOT)
R 90.00
Dis lekker om te leer lees met hierdie prettige storie oor Teddie Tim se eerste piekniek. Die eenvoudige, herhalende taalgebruik en prettige karakters maak hierdie storie perfek om jou kind te help lees. Hierdie groot boek gaan lekker op jou en jou kleinding se skoot pas!