- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks
Dagboek van 'n Wimpy Kid 8: Ongeluksvoel
R 180.00
Dit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat....
Dagboek van 'n Wimpy kid 9: Hardepad
R 180.00
’n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees ... tensy julle die Heffley’s is. Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, ’n harde stamp en ’n vark wat op die vlug slaan – nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis ...
Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses
R 80.00
Brandon doen vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van...
Dans, Jenna!
R 135.00
Jenna is versot op dans. Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy...
Dapper Dawie se onderstebo week
R 165.00
Dapper Dawie se onderstebo week is 'n unieke boek vir kinders én volwassenes. Die storie is geïnspireer deur gedragsielkunde, om kinders te help om spesifieke situasies en ingewikkelde gevoelens te verstaan en te hanteer. Volg Dawie se avonture waar hy probleme op die speelgrond en by die huis teëkom en lees die boek saam met jou kind om soortge...
Dapper Muis, Die
R 115.00
Ek’s ’n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis, en daar’s niks waarvoor ek skrik nie. Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang, nee, daar’s niks waarvoor ek skrik nie. En sê nou daar’s ’n kat ...? Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se prettige liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks;...
David Walliams: Aaklige Ant Alberta
R 295.00
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella ’n geheime – en effens spokerige – wapen…
David Walliams: Aardigste Kinders op Aarde 3
R 295.00
Net toe jy dink dis veilig om terug na jou boekrak te gaan … TIEN NÓG AARDIGER KINDERS! Van die 10-jaar oue Pieter en die eindelose poetse waaraan hy sy arme familie onderwerp tot by Vicky en haar geweldige vloermoere: Hierdie splinternuwe versameling stories oor die aardigste kinders is die perfekte aankoop naas Die aardigste kinders 1 en 2, e...
David Walliams: Aardigste Onnies op Aarde
R 295.00
Het jy al die aardigste kinders op aarde ontmoet? Maak jou reg vir iets baie, baie ergers … DIE AARDIGSTE ONNIES OP AARDE!
David Walliams: Boudebiljoener
R 180.00
Ontmoet Joe Spud, die wêreld se rykste twaalfjarige. Joe het alles wat hy begeer: sy eie Formule Een-renmotor, 'n duisend pare sportskoene, slefs 'n oerangoetang vir 'n butler! Ja, Joe het alles wat hy wil hê, maar daar's een ding wat hy regtig nodig het...'n vriend...
David Walliams: Die Aakligste kinders op Aarde 1
R 295.00
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies! Soos Ruda – ’n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup – ’n seun wie se kwyl hom op ’n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie – ’n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens ve...
David Walliams: Die Aardigste kinders op Aarde 2
R 295.00
Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit. Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind.En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal...
David Walliams: Die Middernag Bende
R 265.00
Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling…
David Walliams: Die Seun in die Rok
R 170.00
Dennis bly in ’n vervelige huis in ’n vervelige straat in ’n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie …
David Walliams: Die Tandeterroris
R 215.00
Die dorp word bedreig. Vreemde goed gebeur in die middel van die nag. Kinders sit slapenstyd ’n tand vir die tandfeetjie onder hulle kussing, en soggens word hulle wakker en kry … ’n dooie slak, ’n lewendige spinnekop, honderde oorkruipers wat onder hulle kussings kriewel en krioel. Daar is bose magte aan die werk. Maar wie of wat sit daaragter?
David Walliams: Dingeth
R 220.00
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH?Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die bibli...