- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks

Dit het alles begin by 'n hond
R 210.00
Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en . . .”“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op...

Dit is nie 'n boek nie
R 300.00
Dit is nie ’n boek nie … dis ’n avontuur, ’n lag per dag, ’n sirkus, ’n wipwarit, ’n towertapyt! Hierdie boek bevat ’n rympie vir elke dag van die jaar! Vertrek saam met Jaco Jacobs op ’n prettige rympiereis in dié bielie van ’n bundel propvol skaterlagrympies.

Divan se Avonture
R 80.00
Divan is 'n lewenslustige, agtjarige seuntjie wat aan serebrale verlamming ly. Hy is baie opgewonde oor sy heel eerste rolstoel. Die oomblik toe hy sy rolstoel ontvang, is hy op soek na al wat n avontuur is… In 'Die lewe is n lied!' agter in die boek vertel Mathys Roets van al sy avonture in sy rolstoel.

Dodelikste donuts in die heelal
R 185.00
Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! ...

Doel!
R 260.00
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie!’n Fees van sokker feite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokker kenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokke...

Doendinge vir elke dag van die jaar (Fanie Viljoen)
R 140.00
Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie! Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê...

Dolfie Weerwolfie
R 170.00
Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf! Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees n...

Dolfie Weerwolfie: Silwertand
R 170.00
Dolfie bly baie lekker by Timmie en sy ouers. En al die hoenders in die buurt leef nog! Uit die bloute kry hulle 'n besoeker met 'n rillerbrief by hom. Die brief sê dat Dolfie by die man moet gaan bly. Dolfie mag nie meer by Timmie en sy ouers bly nie. Oupa Weerwolf is onrustig. Hy herken die berugte oom Silwertand!

Dolfie Weerwolfie: Volmaan
R 170.00
Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets i...

Dolfie Weerwolfie: Weerwolfbos
R 170.00
Op 'n dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig 'n protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal d...

Donker Web (Fanie Viljoen)
R 295.00
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skaduwee van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper ...

Donkie se lang pad dorp toe
R 230.00
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by tot die ...

Doodle Art Colouring / Krabbelkuns Inkleur 1
R 120.00
“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” Só sê Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlik...

Doodle Art Colouring / Krabbelkuns Inkleur 2
R 120.00
“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” Só sê Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlik...

Draakasem
R 170.00
Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur? Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem. Sy ma red ou tannies uit brandende geboue. Selfs sy kleinsussie skrik vir niks… En Darius? Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie. Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry … Jaco J...

Drake-Kreatiwiteitsboek, Die
R 70.00
Vir ouderdomme 8+ jaar. Kinders is mal oor drake, en hier is 'n aktiwiteitsboek ontwerp om hulle besig hou met allerhande draakverwante aktiwiteite! Hulle kan unieke vreesaanjaende draakkoppe skep, draakkaarte lees, ridder-en-draak-speletjies speel en raaisels oplos vir ure van drakejag-pret. Daar is ook plakkers, stensils, draakvelpapier, verbe...