- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks
Dryf
R 295.00
Mense glo daar’s ’n vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het? Caleb moet sy matriekvakansie opoffer om om die geheim te ontrafel. Freya word ook gedwing om haar somer in die vreemde kusdorp deur te bring – asof vars lug 'n kitskuur sal wees vir haar kroniese siekte...
Duinebesies
R 160.00
Skedelkus. Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee. Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibie toe gaan terwyl hulle goggas vang nie. Haar en Refi se planne om 'n wit Kersfees in Frankryk te beleef is iets van die verlede. As sy mooi daaroor dink, het sy baie min om na uit te si...
Een vis, twee visse, rooi vis, blou vis (Dr. Seuss)
R 180.00
Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet ’n Jing wat sing, ’n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word.
Eendag op 'n Reendag: Volksverhale, legendes & ware stories
R 200.00
Vyf en dertig van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse stories word vir 'n nuwe geslag lesers oorvertel in hierdie pragtige volkleurboek. Bekende stories soos: Hasie en die teerpop, Racheltjie de Beer, Antjie Somers, Jock van die Bosveld, Die voels kies 'n koning, Jakkals en Wolf steel botter.
Eenhoring en die Dapper Prinses
R 65.00
Prinses Mia en haar eenhoringmaat is oppad om 'n prins te gaan red. Kom reis saam op hierdie opwindende avontuur!
Eenhoring en die Verlore Kat
R 65.00
Leopold is weg! Melanie ontmoet vir Luna, 'n eenhoring wat aanbied om haar te help.
Eenhoring en die Wilde Perde
R 65.00
Silverhoring, die pragtige eenhoring, wil graag die kudde wildeperde red. Sluit aan by haar soektog...sal sy dit regkry?
Eenhoring en die Wonderlike Avonture
R 65.00
Ontmoet vir Blou Prins, die eenhoring, op die mallemeule. Hy word sowaar lewendig en vlieg dan om die wêreld!
Eenminuut-oordenkings vir Kinders
R 80.00
Om wyse besluite te neem en te weet wat die beste manier is om uitdagings by die huis, by die skool of op die sportveld aan te pak, kan vir kinders moeilik wees. Die daaglikse oordenkings in Eenminuut-oordenkings vir kinders sal hulle help om leiding uit God se Woord te kry. Deur net ’n paar minute elke dag saam met God deur te bring,...
Eensame Krokodil, Die
R 115.00
Ooo ... Ek is ’n eensame krokodil. Mense kyk vir my en gril. Ek soek maters hoog en laag, maar almal sê ek vreet te graag. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eens...
Eerste 100 syfers, kleure, vorms (klein)
R 65.00
Hierdie boek is ’n gids vir ouers. Dit help jou kind om syfers, kleure, vorms en meer te leer. Die boek stimuleer praatvaardighede, leesvaardighede en eerste woorde.
Eerste Leesboeke: 'n Goue Ster Vir Kallie
R 70.00
Die dieretuin gee goue ster-pryse vir die diere. Kallie die kameelperd het net die regte plekkie teen sy heining vir 'n ster. Maar gaan Kallie 'n goue ster wen?
Eerste Leesboeke: Astro Akademie
R 70.00
Abri klim per ongeluk op die verkeerde minibus, en beland by Astro-Akademie, ’n skool vir ruimtewesens! Sal hy dit regkry om nie raakgesien te word nie wanneer hy ’n ruimte-kapsule moet vlieg? Abri sal sy bes moet probeer
Eerste Leesboeke: Bohaai op die Bus
R 70.00
Daar is geen bohaai op Silas se bus nie, maar die passasiers begin moeilikheid maak! Is dit te veel bohaai vir Silas se bus? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Eerste Leesboeke: Boodskap in 'n Bottel
R 70.00
Jak en Henk stuur boodskappe vir mekaar, heen en weer oor die see. Eendag hou Henk se bottels op om te kom, so Jak gaan kuier vir hom en ontdek.
Eerste Leesboeke: Buks die Skaaphond
R 70.00
Buks wil graag sy mamma beïndruk deur 'n goeie skaaphond te wees, maar dis glad nie so maklik nie! Die diere hardloop in alle rigtings van hom af weg. Miskien is daar iets anders wat hy goed kan doen?