- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks
Geheime koninkryk: Skitterstrand
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.
Geheime koninkryk: Sprokieswoud
R 120.00
Janie, Bianka en Tamsin is gereed vir storietyd-pret saam met die boekkabouters van Sprokieswoud. Maar koningin Gorina maak alweer moeilikheid. Sy laat al die boekbloeisels wat aan bome groei, verwelk. Kan die meisies haar towerspreuk verbreek en die boekbloeisels kry sodat koning Kieliebaard nie in ’n stinkpadda verander nie?
Geheime Koninkryk: Towerberg
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.
Geheime koninkryk: Wolkeiland
R 120.00
Janie, Bianka en Tamsin land op wollerige wolke hoog in die lug bo die Geheime Koninkryk. Dis hope pret om op die wolke rond te bons! Maar kort voor lank besef hulle Koningin Gorina se nare planne kan die einde van Wolkeiland beteken ...
Geheime prinsesse: Popprinses
R 135.00
Lara en Anke het ’n spesiale geheim – hulle leer om Geheime Prinsesse te wees, towerprinsesse wat wense kan waar maak. Met hul wenshangertjies reis hulle na die Towerpaleis waar die Geheime Prinsesse bymekaarkom. Maar die aaklige prinses Martelle is vasbeslote om hul wenskrag vir haarself te vat en die Towerpaleis te vernietig! Hierdie keer moet...
Geheime prinsesse: Sterrewens
R 135.00
Lara en Anke het ’n spesiale geheim – hulle leer om Geheime Prinsesse te wees, prinsesse wat wense kan waar maak. Met hul wenshangertjies reis hulle na die Towerpaleis waar die Geheime Prinsesse bymekaarkom. Maar die aaklige prinses Martelle is vasbeslote om hul wenskrag vir haarself te vat en die Towerpaleis te vernietig! Hierdie keer ontmoet L...
Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap
R 120.00
As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra "hoekom?" is hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons woon, van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land, en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets om te leer ken e...
Geliefde Sprokies 1: Sneeuwitjie
R 50.00
''n Fantasiewereld, pragtig geillustreer en saamgevat in 'n reeks van ses klassieke stories vir jonk en oud. Word meegevoer op 'n fantastiese reis na die verbeeldingswereld. Eendag, lank, lank gelede …
Geliefde Sprokies 2: Gouelokkies
R 50.00
''n Fantasiewereld, pragtig geillustreer en saamgevat in 'n reeks van ses klassieke stories vir jonk en oud. Word meegevoer op 'n fantastiese reis na die verbeeldingswereld. Eendag, lank, lank gelede …
Geliefde Sprokies 3: Die Gestewelde Kat
R 50.00
''n Fantasiewereld, pragtig geillustreer en saamgevat in 'n reeks van ses klassieke stories vir jonk en oud. Word meegevoer op 'n fantastiese reis na die verbeeldingswereld. Eendag, lank, lank gelede …
Geliefde Sprokies 4: Aspoestertjie
R 50.00
''n Fantasiewereld, pragtig geillustreer en saamgevat in 'n reeks van ses klassieke stories vir jonk en oud. Word meegevoer op 'n fantastiese reis na die verbeeldingswereld. Eendag, lank, lank gelede …
Geliefde Sprokies 5: Die Drie Varkies
R 50.00
''n Fantasiewereld, pragtig geillustreer en saamgevat in 'n reeks van ses klassieke stories vir jonk en oud. Word meegevoer op 'n fantastiese reis na die verbeeldingswereld. Eendag, lank, lank gelede …
Geliefde Sprokies 6: Rooikappie
R 50.00
''n Fantasiewereld, pragtig geillustreer en saamgevat in 'n reeks van ses klassieke stories vir jonk en oud. Word meegevoer op 'n fantastiese reis na die verbeeldingswereld. Eendag, lank, lank gelede …
Geliefde Sprokies Bundel
R 275.00
Kom deel in die wonderwereld van sprokies … 'n hele fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees- en kykgenot vir jonk 'n oud. Die besondere illustrasies deur Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op 'n onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in - Eendag, lank, lank gelede …
Geloof, Vreugde, Liefde! Inkleurboek vir Dogters
R 100.00
Elke laerskooldogter het nodig om te weet daar is Iemand wat altyd daar sal wees vir haar en met Wie sy enige tyd of plek kan praat. En daardie Iemand is Jesus! Hy is altyd daar, en Hy luister altyd. Geloof Vreugde Liefde Inkleurboek vir dogters sal dogters tussen 8 en 12 aan hierdie waarheid herinner, terwyl hulle leer oor soveel dinge waaroor ...
Geraamte in die klas
R 185.00
Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg me...