- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks
Helde van Suid-Afrika 1
R 135.00
Meet Nelson Mandela, Wolraad Woltemade, Japie Greyling and other brave South African heroes! This book contains six heroic stories that are perfect for beginner readers.
Helde van Suid-Afrika 2
R 135.00
Ware heldeverhale – perfek vir beginnerlesers. Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken ’n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Piete...
Helde van Suid-Afrika 3
R 125.00
Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoc...
Heleen en die heks met hoofpyn
R 150.00
In die middel van die groot bos woon 'n lelike ou vrou met gitswart oe en klitsgrashare, 'n moesie op haar neus en 'n sak vol toorgoed. Sy haat gelukkige kinders met elke beentjie in haar lyf, want hulle gee haar hoofpyn. Erge hoofpyn - sodat sy vir dae aan stink bossies moet ruik om reguit te kan sien. Is sy dalk 'n.......'n heks? Maar daar is ...
Hier kom die kat (Dr. Seuss)
R 185.00
Ons kyk ...By die deur is 'n harige voet!Ons kyk ...Hier kom die kat met die hoed!Toe die kat met die hoed by Sonja en haar boetie kom kuier, verander hul rustige, netjiese huis in 'n holderstebolder speelplek. Hier kom die kat (oftewel The Cat in the Hat) is een van Dr. Seuss se gewildste kinderboeke. Hierdie is 'n nuwe Afrikaanse uitg...
Hilda die haai
R 65.00
Hilda dink sy's te oulik vir woorde! Sy is immers 'n GROOTWITHAAI! Maar wanneer sy in gevaarlike water swem, raak sy bekommerd. Is daar iemand wat haar sal kan red?
Hoe Cool is Dit?
R 120.00
Hoe cool is dit? Bekyk allerlei verstommende wetenskaplike idees en ontdekkings van naderby. Dit ondersoek die coolste uitvindings en natuurlike verskynsels, van elektroniese ink en robotspeelgoed tot iets so eenvoudig soos 'n borrel. Vind uit hoe die strepies in tandepaste gesit word, verken die wonder van organiese chemie in 'n kougomborrel, e...
Hoe die grons Kersfees gesteel het (Dr. Seuss)
R 160.00
Elke Hoe het in Hoe-ville van Kersfees gepraat ... Maar die Grons in die Noorde het Kersfees GEHAAT! Op Oukersdag besluit die iesegrimmige Grons om Kersfees in Hoe-ville vir ewig te stop. Hy gaan steel die Hoes in Hoe-ville se kos en presente. Maar sal dit maak dat Kersfees ook wegbly?
Hoe dinge werk: Biologie-eksperimente in jou agterplaas
R 165.00
Met die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier wat hop, kweek bakterieë, keer dat ’n gesnyde appel bruin word, blaas ’n ballon op met gis . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel...
Hoe dinge werk: Fisika-eksperimente in jou agterplaas
R 155.00
Met die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier-valskerm, sit op ’n stoel van papier, bou jou eie vuurpyl, laat brand ’n lig met ’n suurlemoen . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swaartekrag, lugweerstand, statiese elektrisiteit en chemie...
Hoe lyk die Hemel?
R 60.00
Hoe is die hemel? Hoe kom ons in die hemel? Hoe lewe ons soos Jesus totdat ons hemel toe gaan? Dit is die drie tematiese vrae wat Stephen Elkins gebruik om vir kinders van die hemel te vertel in Hoe lyk die hemel? In 60 kort stellings verduidelik Hoe lyk die hemel? waaroor die hemel gaan. Die kleurvolle illustrasies en gepaste Bybelverse sal k...
Hoe om 'n Draak se Hart te Breek
R 180.00
Kan Harwarrus ’n onmoontlike taak verrig, teen Berserks baklei, keer dat hy en Visbene vir die Gedrog gevoer word EN die geheim van die verlore troon ontrafel? Dis moeilik om ’n held te wees!
Hoe om 'n Draak se Held te Verraai
R 195.00
Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorlê én boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar ’n bedrieër in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?
Hoe om 'n Draak se Juweel te Steel
R 195.00
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n meesterlike swaardvegter en draakfluisteraar, en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom – sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?
Hoe om 'n Draak se Storm te Trotseer
R 185.00
Harwarrus het drie maande, vyf dae en ses uur om terug by Berk te kom, sy pa te red, teen Ysslange te veg EN die jaarlikse vriendskaplike interstam-swemgala te wen. Gaan hy dit regkry?
Hoe om 'n Draak se Swaard te Steel
R 185.00
Daar wag donker dae vir die Barbaarse Argipel – dis amper asof die wêreld vervloek is! Kan Harwarrus sy swaard behou, ’n draakrebellie stopsit en keer dat Alvin die volgende koning van die Wilderweste word?