- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks

Klankboek: Toeter die Polisiemotor
R 90.00
Piee-poh! Toeter, die polisiemotor, het 'n belangrike opdrag gekry! Sal hy dit kan uitvoer? Druk die knoppie om die storietyd in groot pret te verander!

Klankboek: Toweragtige Eenhoring
R 100.00
Runnik Runnik! Sluit aan by Botterblom en al haar feetjievriendinne terwyl hulle 'n speletjie probeer vind wat almal altyd kan speel. Met 'n prettige klankknoppie wat kinders graag sal wil druk, is hierdie boek perfek vir 'n lawaaierige storietyd!

Klapper die Drakie en die groot towenaar (3)
R 50.00
Klapper die klein drakie kan nie sy oe glo nie: Voor hom staan 'n bok wat eintlik 'n towenaar is, maar onder 'n towerspel geplaas is! Klapper, Mathilda en die bok reis na die towerkasteel waar die bose towenaar, Bokbaard, woon. Sal dit moontlik wees om die towerspel te breek? Die Klapper-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir beginners...

Klapper die Drakie en die swart ridder (4)
R 80.00 R 160.00
Klapper en Matilda vertrek saam met oom Hardus na die ridderryk om by die draakboom wag te staan. Wanneer die geslepe swart ridder oom Hardus in 'n lokval lei, is almal raadop. Maar Klapper, Matilda en hulle nuwe vriend, Walter, gaan 'n slim plan maak. Die Klapper-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir beginners.

Klapper die Drakie gaan skool toe (1)
R 160.00
Klapper die drakie is opgewonde: Dis 'n baie belangrike dag! Hy gaan vandag vir die eerste keer skool toe. Op pad soontoe ontmoet hy vir Oskar, wie se ouers dink dis tydmors om skool toe te gaan. Klapper kry Oskar jammer. Oskar kry homself ook jammer, want hy wil verskriklik graag leer skryf en somme doen. Sal die twee maats Oskar se ouers oortu...

Klapper die Drakie is nie bang nie! (2)
R 160.00
Dis 'n opwindende dag vir Klapper en sy maats: Hulle gaan almal op 'n skattejag om na 'n berugte seerower-kaptein se gelukbringer te soek. Barry Bakoord is die bangste in die groep. Maar wanneer sy maats in groot gevaar beland, wys hy vir almal hoe dapper hy is! Die Klapper-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir beginners.

Klaskameraad Aktiwiteitsboek: Die Klein Boek Van-Reeks
R 190.00
n Heerlike doen-saam-aktiwiteitsboek vir die klaskamer. Gebaseer op die eerste ses boekies van Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen. Tekste uit elk van die ses boekies word gebruik met begripsvrae, tematiese gesprekspunte, lekker pret mondeling- en skryfaktiwiteite.

Klassieke Kinderbybel
R 300.00
Die verhale van die Bybel kry nuwe lewe in hierdie pragtige Klassieke Kinderbybel. Getrou aan die klassieke tradisie word die verhale in ’n eg Bybelse styl vertel.Die pragtige en dramatiese illustrasies beeld in grafiese detail 40 van die mees geliefde Bybelverhale uit die Ou en Nuwe Testament uit. Elke illustrasie is ’n kunswerk wat aan die les...

Klassieke Kinderbybel-Storieboek (Hardeband), Die
R 300.00
Die klassieke Kinderbybel-storieboek is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet. Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories sa...

Klassieke Storie Bybel
R 300.00
Die verhale van die Bybel kry nuwe lewe in hierdie pragtige Klassieke Storiebybel vir kinders!

Klein bietjie magic
R 230.00
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is ... Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. Toe sy uitvind hulle gaan na die piepklein, geïsoleerde Noord-Kaap kusdorp McDougallsbaai vir vier weke, nog minder. 'n Piepklein dorp saam met 'n...

Klein boek van fantastiese feite, Die
R 50.00
Die klein boeke met baie inligting Het jy geweet … … muskiete is van die dodelikste diere op aarde? … piesangs is radioaktief? … jou vingers het glad nie spiere nie? Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet! Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kind...

Klein boek van Grappige Gewoontes, Die
R 50.00
Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak! Wil jy weet hoe snaaks mense rerig is? Die boek sal jou vertel: Watse jiggie goed party mense eet, Op watse grillerige plekke mense piekniek hou, Hoekom party mense lelike gesigte trek en Hoekom party ...

Klein boek van gruwelike geheime, Die
R 50.00
Die klein boeke met baie inligting Het jy geweet … … muskiete is van die dodelikste diere op aarde? … piesangs is radioaktief? … jou vingers het glad nie spiere nie? Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet! Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kind...

Klein boek van hipercool hondetoertjies
R 50.00
Klein boekies, maar hope pret! Ken jy die antwoord op die volgende? Sweet ’n mens as jy swem? Watse klere kan jou doodmaak? Watter bordspeletjie het gevangenes tydens ’n oorlog help ontsnap? Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor mod...

Klein boek van katastrofiese kattekwaad, Die
R 50.00
Die klein boeke met baie inligting Het jy geweet … … muskiete is van die dodelikste diere op aarde? … piesangs is radioaktief? … jou vingers het glad nie spiere nie? Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet! Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde k...