- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks
Leeu en die Muis, Die
R 60.00
Groot of Klein, daar is 'n leeu en 'n muis in ons elkeen..... Dit is nie altyd maklik om piepklein te wees nie. Maar wanneer 'n muis besluit om sy eie Brul te gaan soek, ontdek hy dat selfs die kleinste diertjies die hart van 'n leeu kan he.
Leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories
R 125.00
Wonderlike ware dierestories vir beginnerleespret. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende ’n leeu in ’n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet ’n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad by...
Leeu wat skaam was, Die
R 125.00
Klein Leeutjie is baie skaam. Hy kan nie brul nie. Al wat uitkom wanneer hy probeer, is: "Piep!" Sy boeties en sussies lag vir hom. "Jy moet nie PIEP nie, jy moet BRUL!" Maar dan ontmoet klein Leeutjie vir Muis. Sal Muis hom kan help om soos die ander leeus te leer brul? 'n Storie oor selfvertroue.
Leeus met letsels
R 232.00
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Dan besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, op ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie. Hy kom agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese ...
Leeutemmer se Assistent, Die
R 150.00
Martjie beland saam met ’n leeu in een van die Pagel-sirkus se treintrokke – en nadat sy die mense van die sirkus leer ken, weet sy dat haar lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Hierdie aangrypende, aksiebelaaide verhaal is losweg op die geskiedenis van die beroemde Pagel-sirkus geskoei.
Legendariese Lua Verwey 1: Wilder as die Wildtuin
R 60.00
Lua is nie soos enige meisie wat jy ken nie. Sy skat sy's die enigste een wat meer as een breinsel by haar ouers geërf het en sal eerder tyd op haar J-board spandeer as voor ’n spieël of die TV. Sy’s ook allergies vir seuns. Wat nogal vreemd is, aangesien sy drie boeties het. En ook omdat sy graag wil krieket speel, al sal sy die enigste meisie ...
Legendariese Lua Verwey 2: 'n Plaas se Geraas
R 180.00
Lua Verwey is eintlik allergies vir seuns, maar sy is tog die enigste meisie wat saam met die krieketspan Kaap toe gaan toer. Mits sy voor die einde van die kwartaal genoeg name op haar borgvorm het om geld in te samel vir ’n vakansie langs die strand. En 'n vakansie het sy beslis nodig; want haar ma verwag 'n tweeling, haar boeties neem die hui...
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 1
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 2
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.
Lekker Liewe Heksie-stories (Omnibus)
R 280.00
Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige ...
Lekker saamlees - Sprokies en Speletjies
R 120.00
Gewilde sprokies en speletjies uit toeka se dae met gebare en bewegings wat dit prettig maak om op te se en selfs saam te speel.
Lekker saamlees Bybelstories en Jesus - Liedjies
R 120.00
Hierdie is 'n versameling Bybelstories wat gepaard gaan met 'n kosbare keur uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders.
Lekkerlag-pretboek
R 185.00
Die pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gebeur as me...
Lelike Vyf, Die
R 190.00
“Ons vyf is misbaksels, ons voel ons kan ween; so vaal en misvormd, o, waar moet ons heen?” Ontmoet die vaal blouwildebees, die giggelende hiëna, die bles aasvoël, die vlakvark met sy vratte en die vuil maraboe: alom bekend as die lelikste diere van die Bosveld … maar is hulle werklik so lelik?
Lelikste Dier in die hele Wêreld, Die
R 40.00
Dis 'n pragtige dag in die Afrika-bos. Wanika kan nie wag om buite te gaan speel nie. Hy weet sommer die dag wat voorle gaan vol pret wees. Toe hy die impalas by die waterpan sien, besluit hy om nader te gaan. Impalas is vir hom die mooiste diere: lank en statig en grasieus. "Mag ek saam met julle speel?", vra hy, vol afwagting. "Gaan weg", kom ...
Lewe se vuil houe, Die
R 200.00
Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie. "Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma.”“Belowe?” Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles....