- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks
Loer binne: Wilde diere
R 220.00
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!
Loop Lag-Lag deur die Wetenskapklas
R 150.00
27 Getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer! Verveel jou gewone skoolhandboeke jou? Maar is jy nuuskierig en wonder jy hoe die wêreld rondom jou werk? Dan is hierdie die boek vir jou! Len, Lara en Leon is die nuuskierigste kinders op aarde. Hulle vra gedurig vrae en wonder hoekom dinge werk soos dit werk. Hulle doen eksperimente en ...
Losprys in Parys
R 240.00
Dienke kan glad nie glo dat haar lewe wat gister nog so reg was, so lelik ontspoor het nie. Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd is daar 'n ou wat in haar, Dienkie de Wet, belangstel, en nou wil haar ouers he sy moet net halsoorkop verdwyn? En Frankryk toe van alle plekke? Parys toe? Sy weet dis heel moontlik "koebaai, Eddie" en dit voel vir...
Lotta se lewe (11): Slange en Hansworse
R 220.00
Lotta se klas moet 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh-Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het...
Lotta se lewe (13): Woef-waff!
R 220.00
Lotta se klas gaan hierdie week na hulle ouers se werksplek toe om te kyk wat hulle beroep is. Pappa is een van die ouers. Net die gedagte dat hulle na sy skool toe gaan, gee haar ’n NAAR KOL op haar maag. Gelukkig gaan hulle darem van ander cool beroepe ook leer. Leigh-Anne se ma werk by ’n hondesalon, en hulle gaan ook inloer by die DIE...
Lotta se lewe 14: Red die eekhorings!
R 195.00
Lotta is só opgewonde! Dis ’n nuwe skooljaar en hulle het ’n nuwe klasonderwyser. Hulle huiswerk is om ’n videokanaal op die internet te begin. Lotta weet gelukkig hoe dit werk, want Mamma het nou haar eie TV-program waarop sy allerhande produkte uittoets (SANDRA SE WÊRELD op kanaal 987). Maar Lotta en Chantelle se PRODUKTASTIESE PRODUKTOETSERS-...
Lotta se lewe 4: 'n Haas uit die hoed
R 220.00
Lotta has chicken pox and can't go to school. It is so boring at home! She and Chantelle decide to get themselves really cool hobbies, but that is much easier said than done. When Zack Zeeman's new movie is being shot at their school, they finally find the best hobby ever . . . trying to become famous movie stars! Hilariously funny and wonderful...
Lukas bou 'n Superkar
R 170.00
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, ʼn spul blokkies, een beste maat, ʼn boelie, ʼn kwaai juffrou en ʼn verlore wiskundeboek? ʼn Superkar! Lesers wat van Lego-sportkarre hou, sal mal wees oor hierdie boek. Dit sal sal selfs die mees teensinnige seunsleser laat aanhou lees
Lulu en die Pikkewynfeetjie
R 80.00
Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9. Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Dis nodig dat iemand prakties is in haar weird gesin. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-...
Lulu: Bravo Lulu
R 80.00
Toe Lulu se balletjuffrou aankondig dat hulle 'n spesiale konsert vir die jaarafsluiting gaan hou, is Lulu baie opgewonde. Lulu gaan nie net die rol van die meerminprinses dans nie – sy gaan ook 'n paar uitrustings ontwerp! Maar die tweeling, Alex en Alet, hou niks van ballet nie en toe Alex per ongeluk 'n rol in die balletkonsert losslaan, is ...
Lulu: Coucou, Lulu
R 190.00
Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy g...
Lulu: Hokaai Lulu
R 190.00
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies to...
Lulu: La di da Lulu
R 150.00
Lulu droom daarvan om eendag ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Die skool beplan ’n spesiale verjaardagfees. ’n Groot fees met lekker kos, ’n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! ...
Lulu: Oe la la, Lulu
R 145.00
Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil 'n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!
Lulu: Oepse daisy Lulu
R 145.00
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos 'n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in 'n groot opera...
Lulu: Olke Bolke, Lulu
R 190.00
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!