- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks

Miko: Verjaarsdag Jippiee
R 120.00
Verjaarsdae is pret! Die lekkerste is natuurlik die presente wat n mens kry. As 'n mens vrygewig wil wees, kan jy ook jou presente met iemand deel. As Miko nou net iets tussen sy presente kan kry waarmee hy vir iemand anders ook kan bly maak …

Mini Oordenkings vir Kinders
R 60.00
In ’n wêreld vol boelies en vergelyking op sosiale media, is dit vandag baie belangrik dat kinders besef hoe kosbaar hulle vir God is – net soos hulle is. Die 180 kort dagstukke in Mini-oordenkings vir kinders is geskryf asof God self met die kind praat. Elke dagstuk bevat ’n kernvers, ’n bemoedigende boodskap van God en ’n geb...

Minki en haar maats (boek 1)
R 120.00
Minki verjaar … en haar grootste wens word waar! Sy kry uiteindelik haar eie hondjie. Die babahondjie is baie oulik. Maar hoe gaan sy vir hom die perfekte naam kies?

Minki en haar maats (boek 2)
R 120.00
Minki se skool hou ’n dieredag. Sy en haar maats kan nie wag om soos hulle gunstelingdiere aan te trek nie. Almal weet Natalie is mal oor ponies. Maar Danika sê ponies is vervelig. Minki het ’n plan …

Minki en haar maats: Dag by die Akwarium
R 120.00
Minki kan nie wag nie! Haar klas gaan vandag op ’n uitstappie na die akwarium. Almal is opgewonde om die dolfyne, haaie en seeskilpaaie te sien. Maar Danika het ’n kamera saamgebring … en sy wil sekermaak Minki en haar maats gaan ’n goor dag hê.

Minki en haar maats: Pannekoek!
R 120.00
Dit is ’n koue wintersdag. Minki en haar maats is lus vir pannekoek! Pappa wil vir hulle pannekoek bak, maar die tweeling is heeltyd in die pad. Kan Minki aan ’n plan dink om haar boeties besig te hou?

Minki in die Middel
R 130.00
Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan ’n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy ’n ballerina of ’n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van ’n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadel...

Minki maak 'n Plan
R 130.00
Minki en haar maats is baie opgewonde toe hulle ’n onverwagse besoeker kry. Hulle ontdek ’n oulike katjie in die tuin. Waar kom sy vandaan, en sal hulle haar kan help om weer haar huis te kry? Hulle sal egter vinnig ’n plan moet maak, want Minki se hond, Spaghetti, hou glad nie van dié nuwe kuiergas in die huis nie! Intussen kry Minki ’n nare ve...

Minki Se Avontuurkamp
R 130.00
Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar s...

Minki se boekedag
R 130.00
Lara se danseksamen is om die draai. Sy oefen al weke lank vir die groot dag! Minki en Natalie kan nie wag om haar in aksie te sien op die verhoog nie.Maar dan loop dinge onverwags skeef, en Lara se dansdrome is – vir eers – daarmee heen. Minki en Natalie weet nie hoe om hulle beste maat op te beur nie.Maar een van Minki se gunstelingboeke gee h...

Minki Se Pajamapartytjie
R 130.00
Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.

Minki se pretdraf
R 130.00
’n Pretdraf? Dit klink na groot pret! Minki kan nie wag om saam met haar twee beste maats deel te neem nie. Maar Danika gaan ook vir die pretdraf inskryf en sy is van plan om te wen … selfs al beteken dit sy moet ’n nare poets bak om te sorg dat Minki-hulle nie die wedloop kan klaarmaak nie. Kort voor lank lyk dit of die pretdraf glad nie meer p...

Minki se Skoolkonsert
R 130.00
Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunstelingsprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudis...

Minki se verjaardag
R 130.00
Minki se verjaardag is om die draai. Sy mag kies – wil sy ’n present hê of ’n partytjie hou? Minki wil baie graag haar kamer mooi maak … maar sy wil ook nie die kans laat verbygaan om vir haar maats ’n lekker partytjie te hou nie! Twee spesiale besoekers by die skool krap egter al haar planne deurmekaar … en gee haar ’n baie oulike verjaardag-id...

Modelling Clay
R 15.00
Children will enjoy this bright, soft and elastic clay. It is very easy to use and does not stick to your clothes. Children can use their imagination to mix colours and create their own masterpieces. It is non toxic and air dries within 24 hours. It will help children to enhance their fine motor skills. Available in a variety of colours.

Moenie Die Boek Oopmaak Nie
R 60.00
Hierdie outjie sal enigiets doen om te keer dat jy die boek oopmaak! Dreigemente, beloftes, leuens . . . enigiets! Hierdie skreeusnaakse boek is onweerstaanbaar - veral omdat kinders sal geniet om alles te doen wat hulle gevra word om NIE te doen nie. Met kleurvolle en vermaaklike illustrasies, sal hierdie wereldwye topverkoper beslis 'n gesinsg...