- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks

Op die Plaas Emosiereeks: Tjoppie se hart is seer
R 120.00
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie. Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang. Die Op die plaas-emosiereeks bied ’n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil ...

Op die potjie, gou!
R 199.00
Dit is nie net hasie wat op pad is na die potjie nie, selfs ballerina olifant en kangaroe is deel van die groep! In hierdie rymende potjie-boek word almal na die potjiepartytjie uitgenooi, insluitend die leser! Deur die gewilde illustreerder van die topverkoper-titel ?Raai hoe lief is ek vir jou? Die pragtige Afrikaanse rymvertaling is...

Op die rug van 'n tier
R 200.00
Van daar teen die muur staar die tier se juweelgroen oë na Tom. Sy snorbaarde wikkel. Sy stert swaai. Tom hou asem op. Die tier gee een tree vorentoe. En nog een.... Tom teken 'n tier na sy besoek aan die kunsgalery en so begin 'n asemrowende avontuur saam met die einste tier....

Op my Planeet
R 330.00
Welkom op n planeet propvol pret! Jaco Jacobs se planeet is n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe n skoonheidskompetisie vir...

Op Pappa se skouers
R 220.00
Walking to school with Mama, Gogo or Tata is fun. But riding high on Papa’s shoulders is the BEST! On my Papa’s Shoulders invites young readers along on a little boy and his Papa’s walk to school, where they have their own special way of saying goodbye.

Operasie: spinasie-situasie
R 190.00
“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!” Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie hê nie. Maar sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op sy bord. Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dadelik dit was ’n fout. ’n Groot fout. Want ’n rilling rol deur sy hele lyf. ...

Oseaan-maats Syfers
R 200.00
Hierdie boks propvol pret bevat 'n kleurvolle kartonboek en drie stewige legkaarte waarop klein slimkoppies versot sal wees - perfek om handjies en verstandjies besig te hou!

Otters, Die (1)
R 150.00
Gits! Dis ’n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis ’n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ’n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette – wat ’n ellende! Buks, Kassie en Li...

Otters, Die (2): se Koshuisstreke
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan m...

Otters, Die (3): op die Bosveldplaas
R 180.00
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentime...

Otters, Die (4): en die Huis op die Krans
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters o...

Otters, Die (5): se "Fietstoer"
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saa...

Otters, Die (6): Skateiland van die Seychelles
R 180.00
Die drie vriende wat bekend staan as die Otters, gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahé af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassi...

Otters, Die (7): se Veldskoolavonture
R 180.00
Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind. Weggesteek in die digte bosveldwê...

Otters, Die (8): in die Okavango Moeras
R 180.00
Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak. Die pad na Moremi loop lang draaie deur ...

Ottie
R 70.00
Ottie se pa is 'n sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net 'n ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom 'n nuwe werk soek.