- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks

Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Avontuur
R 180.00
AVONTURE WAG! Uit die verbeelding van Rowley Jefferson kom 'n avontuur van epiese afmetings! Sluit aan by Roland en sy beste vriend, Garg die Barbaar, waar hulle die veiligheid van hulle dorpie verlaat en op 'n sending vertrek om Roland se ma uit die kloue van die Hardekwas Heksemeester te red. Gaan ons die helde oorleef? Lees Rowley Jefferson s...

Rowley Jefferson se Vreeslike Vriendelike Spookstories
R 170.00
Gryp ’n flitslig, trek die beddegoed oor jou kop en verdiep jou in Rowley Jefferson se verwronge verbeelding , wat onverwags ook skreeusnaaks is. Jy sal jou vasloop in zombies, vampiere , spoke en veel meer in hierdie komies vreesaanjaende verhale. Rowley se spookstories sal jou dalk laat lag, maar pasop dalk sal jy met die lig aan wil slaap

Rugby
R 170.00
Hierdie volledige eenstopgids vir rugby is volgepak met alles wat jy moet weet: van die Sesnasies- tot die Rugbywêreldbeker-toernooi. Die boek is propvol warm wenke, prettige feite en beroemde gesigte. Rugby is ’n moet-hê gids vir enige jong rugbyondersteuner en is die perfekte strydgenoot vir die opkomende Wêreldbeker.

Rympieland met CD
R 145.00
Geniet hierdie immergroen gunstelinge saam met jou kleuters. Omdat almal hierdierympies uit hul kleintyd onthou, voel dit byna soos die voortsetting van 'n tradisie. Dit laat Ma en Pa voel of hulle ietsie uit hul eie kinderjare met hul kleinspan kan deel.Boonop is die plesier wat hierdie rympies gee so aansteeklik, dat as jy begin met 'eendjies...

Rympies vir kleintjies en kleuters
R 390.00
Hierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle Rympies vir Pikkies en Peuters (Tafelberg, 2015). Met prettige volkleur-illustrasies bied dit 'n keurversameling verse vir 3 tot 5-jariges. Digby 400 rympies deur meer as 100 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van kleintjies se leefwêreld. Aangesien die bundel sorgvuldig beplan is o...

Rympies vir Pikkies en Peuters
R 390.00
’n Paar jaar ná Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh, word Gertie Smit, opvoedkundige van Wellington, deel van die span. Hierdie bundel bied ’n keurversameling verse vir die heel kleintjies (1 tot 3 jaar) en is saamgestel volgens nasionale opvoedkundige vereistes. Die rympies dek al die onderwerpe wat de...

Saadjie en Spikkel
R 215.00
Saadjie en Spikkel is soos vinkel en koljander, maar terwyl hulle vriendskap groei, word hulle self ook groter. Vir Saadjie beteken dit dat hy wortels kry. Maar Spikkel kry vlerke - en sy kan nie wag om hulle uit te toets nie. Al skei die lewe hulle van mekaar, vind ware vriende altyd hulle pad terug, en niemand is groter maats as Spikkel en Sa...

Saak van lewe of dood
R 195.00
Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet ...

Saam kan ons enige iets doen
R 130.00
'n Wonderlike viering van die krag van vriendskap en omgee. Ons vriende is almal verskillend, maar een ding is altyd waar - elke vriend is wonderlik, en vir ons so kosbaar! 'n Goeie vriend is spesiaal, een uit 'n miljoen, en saam kan vriende ENIGE IETS doen!

Saartjie die spinnekop met sewe bene
R 180.00
Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in 'n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer. Om die vrees vir spinnekoppe aan te spreek, het die skrywe...

Saartjie Omnibus 1
R 235.00
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts gena...

Saartjie Omnibus 3
R 235.00
In hierdie omnibus, wat drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Titels in hierdie omnibus: Saartjie se papegaai, Saartjie se held en Saartjie se geveg. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe...

Saartjie Omnibus 4
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe se avonture voortgesit. In Saartjie se skatte sorg spoke en skatte dat Saartjie weereens Lynnekom se heldin word. Sy en Galpil gaan 'n weddenskap aan om te sien wie ...

Saartjie Omnibus 5
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe se avonture voortgesit. In Saartjie se dapper daad het Saartjie se ouer broer, Kris, groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir 'n vent met 'n blink motor en...

Saartjie Omnibus 6
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit. In Saartjie se dagboek het Saartjie ekstra geld nodig en besluit sy en haar vriendinne om hulle eie tydskrif te begin. Haar boetie, Apie, sk...

Saartjie Omnibus 7
R 235.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, ontmoet Saartjie vir Clara, 'n dogtertjie met polio, en sy kruip sommer gou in Saartjie-hulle se harte. Daar kom ook 'n wêreldberoemde sirkus na Linnekom en sorg vir groot opwinding. Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.