- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks

Seekoei wat gelukkig was, Die
R 125.00
Seekoei is verveeld, daarom gee haar ma vir haar `n klomp werkies om te doen. Sy het `n besige dag in die bos en sy ontmoet `n klomp nuwe maats. Sal Seekoei gelukkig wees wanneer sy teruggaan huis toe?

Seerower en die vuurvliegie, Die
R 40.00
Oliver is mal daaroor om ’n seerower te wees, maar hy vind gou uit hy hou nie daarvan om ander mense blindelings te volg nie, veral as hulle verkeerde dinge doen. In hierdie opwindende verhaal leer Phineas die vuurvliegie vir Oliver dat ware vriende ons nie in versoeking bring om verkeerde en gevaarlike dinge te doen nie. Die jong seerower gaa...

Seerowers 1: Die seerowers en die spookskip, Die
R 195.00
Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevang...

Seerowers 3: Die seerowers en die monster se skat, Die
R 195.00
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Hierdie keer soek hulle na 'n skat, maar 'n vioolspeler waarsku hulle teen 'n monster wat almal wat sy goud wil kom steel, OPVREET … Dit is die derde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeserv...

Seerowers se altyd asseblief
R 115.00
'n Klein seuntjie met 'n groot verbeelding leer goeie maniere in hierdie prettige boek. Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees...en die lewe vir almal 'n bietjie makliker maak!

Seerowers, Die 2: Die seerowers en die grot vol goud
R 195.00
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Hier is 'n avontuurstorie oor seerowers vir beginnerlesers in Afrikaans! Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Matilda, Basjan en die Van der Branders is terug met nog ’n waaghalsige seeroweravontuur. ’n Betowerde grot vol goud hou Basjan ...

Seesand, Spoke, Skaduwees Omnibus
R 280.00
Nog vier koshuisavonture in een boek! Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus: Seesand, sonbrille en s...

Seile na die Suiderland
R 65.00
Kaapstad is nog net 'n dorpie en die twee neefs, Simon en Wilhelm is nog tieners, maar hulle is mans genoeg om die perdetelery aan die gang te hou op die plaas Heuweluitsig. Toe kom die brief van Simon se moeder waarin sy die twee seuns terugroep Holland toe. Teensinnig berei die neefs voor vir hulle vertrek.

Selfone, SMS'e, Sepiesterre Omnibus
R 280.00
Drie koshuisavonture in een boek!Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, o...

Selfsugtige Songololo, DIe
R 80.00
Songololo is ’n gulsige wurmpie wat gelukkig is in sy tuin maar weier om dit met enigiemand te deel. Om die waarheid te se, hy is trots daarop dat hy geen vriende het nie. Dan, op ’n rampspoedige dag, besluit ’n honger arend hy sal ’n smaaklike happie uitmaak! Sal die ander tuinwesens Songololo na al sy gemeenheid wil red? Jong lesers sal inget...

Sepiesterre, Sokkies en Skobbejakke
R 140.00
Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …

Ses blinde muise en 'n olifant
R 180.00
Een snikwarm dag kom 'n olifant vaak-vaak uit die woud gedrentel en beland in 'n boer se skuur. Hy maak vir hom 'n bed en dommel weg droomland toe. Ses blinde muise sluip uit hulle gaatjie in die skuur om die gedierte van nader te beskou. Is 'n olifant soos 'n muur? Of 'n boom? 'n Spies? Dalk 'n waaier of 'n tou? Kom ervaar saam met ses blinde m...

Seuntjie en die See, Die
R 85.00
Hoe wyd is God se liefde regtig? Hoe diep is dit regtig? Hoe groot kan dit dan wees? Dit is wat elke leser sal sien in Die seuntjie en die see, ’n storie oor ’n seuntjie wie se ouers God se liefde vir hom verduidelik deur die wonder van die skepping. Van die uitgestrektheid van die oseaan tot die hoe hoogtes van die berge neem Max Lucado kinde...

Siembamba (Boekpak)
R 300.00
Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies...

Siembamba: Immergroen rympies vir kinders
R 150.00
Hierdie omvangryke, pragtig geillustreerde versameling klassieke Afrikaanse rym-pies beloof ure se pret vir jonk en oud! Daar is bekende versies en minder bekendes, tergrympies en raaiselrympies, volksliedjies en lawwe segoed, aksierympies en tongknopers, gebedjies en slaaptydrympies. Siembamba: Immergroen rympies vir kinders is beslis ’n moet-h...

Skaduwees, Skatte en Skelmstreke
R 80.00
Die nuwe skooljaar skop op ’n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir ’n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak. En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip ...