- Home
- DiskontoBooks
- Lapa
DiskontoBooks

Maroelaboomstories
R 300.00
Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie; waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale ne...

Max die dapper Gorilla
R 180.00
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontm...

Max die Masjien
R 190.00
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag! Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER! Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het s...

Meisie op die Dak, Die
R 230.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

Meisie Wat Gedink Het Haar Ma Is 'n Meermin, Die
R 190.00
’n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water…Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella ‘n hangertjie...

Meisies kan enige iets doen
R 80.00
Meisies is oral. Net waar jy kyk,is meisies wat almal verskillend lyk.Hulle verstom en verras ons.Hulle maak ’n verskil.En meisies kan enige ietsdoen wat hul wil!Meisies kan lang hare óf kort hare hê. Hulle kan aan enige soort sport deelneem. Hulle kan wiskunde en wetenskap doen, of hou van musiek en verf. Hulle kan lorries bestuur, by die polis...
Mensgemaakte Wonders van Afrika

Mensgemaakte Wonders van Afrika
R 100.00
In hierdie boek van Dawid van Lill val die kollig op die meer as 1 miljard mense wat in Afrika tuis is, en op alles wat hulle gedoen het om hul onuitwisbare stempel op dié vasteland af te druk. • ’n Oorsig oor die verskillende aspekte van die lewe in Afrika • van die uitgestrekte stede tot die duisende aanbiddingsplekke • ingenieurswonders soos ...

Middernagfees
R 230.00
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!

Middernagklub
R 160.00
Witbaadjies. Dit is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nie op die Lys van Dertig te kom nie, is nou vir elkeen ’n verskrikking. Van uitslip en reels breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog ’n Gravitas-avont...

Mieke en die Meerminne 1: Geheime Onder die See
R 135.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke is oortuig hulle bestaan regtig. Een oggend toe Mieke saam met haar oupa op sy vissersboot uitgaan, ontdek sy iets wat haar hele lewe verander. 'n Regte, egte meermin wat in haar oupa se visnet verstrengel is! Mieke help die meermin, en kort voor lank...

Mieke en die Meerminne 2: Die Koningin se Konsert
R 80.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke weet hulle bestaan regtig. En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Mieke is baie opgewonde toe sy uitvind Luna se ma verjaar. Al die mee...

Mieke en die Meerminne 3: Avonture in die Dieptes
R 80.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke weet hulle bestaan regtig. En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste. Prinses Luna is...

Moenie hierdie boek eet nie
R 330.00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...

Moenie hierdie boek eet nie!
R 300.00
Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skool-toilette, Kersvader en krokodille ...

Monster Grappe
R 180.00
Wat kry jy tussen Godzilla se tone? Na watter sepie kyk spoke graag? Wat maak: "Ha-Ha-DOEF!"? Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!

Monster in my melkskommel
R 230.00
Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie da...