- Home
- DiskontoBooks
- Nie-fiksie
DiskontoBooks
Sterbelaaide Feiteboek oor die Ruimte, Die
R 150.00
Aanskou die geboorte van galaksies, koes vir ontploffende supernovas en systap die suigkrag van gravitasiekolke! In die sterbelaaide feiteboek oor die ruimte kan jy ons sonnestelsel, die diepruim, en ander uithoeke van die heelal soos 'n wafferse sterrekundige of ruimtevaarder verken. Vind honderde insteressante feite en talle asemrowende foto's...
Stokman
R 190.00
Die Stokman bly saam met sy Stokkies-gesin in hulle familieboom.... "'n Skreeusnaakse boek." "Jy sal die boek oor en oor lees"
Storie van Sterre en Planete, Die
R 230.00
Wanneer ’n mens na die naghemel opkyk, sien jy nie net sterre nie. Die swart leegte van die ruimte is deurspek met voorwerpe van elke denkbare vorm en grootte – van enorme brandende sterre tot piepklein stofvlekkies. Hierdie boek verken die geheimenisse van sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die wetenskap van die buitenst...
Suid-Afrikaanse Gids: Feite en Wenke, Die
R 150.00
Die Suid-Afrikaanse Gids is ’n omvattende naslaanbron vir enige belangstellende – oud of jonk, Suid-Afrikaans of ’n toeris – wat enige inligting omtrent Suid-Afrika maklik wil bekom. Die gids bevat ’n ietsie van alles: van die geskiedenis van ons land, ons fauna en flora, wildparke, sportstatistieke tot wenke oor geldbesparing, die aankoop van ’...
Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergiee en Voedselsensitiwiteit
R 90.00
As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en b...
Suzelle DIY: Die Boek
R 90.00
Doen-dit-self met 'n humoristiese kykie. Suzelle gee wenke vir huishoudelike takies, jou kar, groener te leef, braaityd feestelik te maak, jou tyd in die kombuis tot die minimum te beperk en doen-sit-self sonder enige voorgevalle te doen. Haar vriendin, Marianne, maak ook haar verskyning en fokus op haar dierevriende. Suzelle is ook nie suinig n...
Tale wat ons praat, Die (RSG)
R 230.00
Wanneer is dit aantal, wanneer getal? Hoe hou ambisie verband met ambulans? Ry ’n mens in ’n baan, of in ’n laan? Wat is die verskil tussen balhorig en baldadig; belhamels, voorbokke en sondebokke; bulle en ramme, koeie en ooie? Waar kry Afrikaans “berserk” vandaan? Is dit biljoen of miljard? Flagrant? Flambojant? Kritiek of krities? Is knormoe...
Teepartytjie (Clover): 55 Wenresepte van 20 jaar!
R 300.00
Koninklike resepte vir ’n koninklike teepartytjie.Clover nooi jou hartlik uit na ’n heerlike teeparty… soos nét die koninklikes dit kan doen! In Clover Koninklike Teepartytjie deel Clover 55 smaaklike resepte vir al daardie lekkernye wat op jou teetafel behoort te pronk. Van botterbroodjies met dekadente room en konfyt, tot veerligte sponskoek ...
Tennis in aksie (Met lewendige-aksie DVD)
R 40.00
Duidelik uiteengesette stap-vir-stap afrigting met inspirerende volkleur fotografie bied verfrissende motivering vir alle tennisspelers. Insluitende 'n 30 min DVD met aksie belaaide beeldmateriaal. Die nuutste rekenaar grafika ontleed al die tegnieke en sleutelvaardighede van die tennisspeler. Die boek bied jou alles en meer, in maklik lees en v...
Tiener Selfdood
R 110.00
"Hierdie boek gaan ‘n lewensredder wees vir so baie mense in selfdood-nood. Ek wens ek het die boek gehad ‘n paar jaar gelede, dan sou my seun nog geleef het" - 'n Verlangende Ma.
Tippie doen wiskunde, Vlak 2, boekpak
R 550.00
Die Vlak 2 Wiskunde reeks fokus op die voorkennis van Vlak 1 en bou verder op die boustene van wiskundige geletterdheid. Vlak 2 bied kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie temas. Tippie doen wiskunde is progressief en ons beveel aan dat jy by Boek 1 begin om vaslegging te verseker. Die bree ...
Tippie leer klanke Boekpak
R 400.00
Leer jou klanke saam met Tippie die olifant! Tippie leer klanke is ontwikkel in samewerking met ’n arbeidsterapeut om verskeie vroeë ontwikkelingsvaardighede in te sluit. Klankvaslegging, korrekte klankvorming vir skryf asook ouditiewe en visuele perseptuele vaardighede vorm deel van hierdie unieke benadering. Hierdie reeks sluit ’n verskeidenhe...
Tjailaresepte 2
R 100.00
Tjailaresepte 2 is die opvolg van die gewilde Tjailaresepte wat in 2010 verskyn het. Die keer is die tema reis. Elke weeksdag 'tjaila' miljoene RSG-luisteraars saam met die geliefde Amore Bekker wat heerlike, maklike resepte en hartroerende saamrybriewe met hulle deel. In Tjailaresepte 2 kombineer sy verskillende fasette van reis en kos: Daar i...
Tjokkie
R 190.00
Soms vertel die kleinste vissies die grootste stories..... "Ek's jammer, ek's jammer, ek's jammer, ek's laat, maar ek het geswem tussen mossels en wier. En daar by 'n wrak met 'n skatkis vol goud het ek en 'n meermin gespeel vir 'n uur" Glo jy Tjokkie se storie?
Toor met Tekeninge: Maklik Stap-vir-Stap
R 130.00
Slyp jou tekenvaardighede, bou jou selfvertroue en lê 'n stewige grondslag vir die ontluikende kunstenaar in jou met die stap-vir-stap instruksies en maklike aanwysings in Toor met Tekeninge! Hierdie boek bevat inligting oor tekenmateriaal, bobaastegnieke om te bemeester, vaardighede wat jy moet oefen en hope tekenwenke!
Toptien-Tuiskokke (Uitsoekresepte Van Leserskring Se Uithalerkokke)
R 80.00
Hierdie smullekker resepte is die toptien van die toptien: die tien beste resepte van elk van tien finaliste in Leserskring se landswye tuiskokkompetisie. Die resepte is uit duisende inskrywings gekies, gekook, geproe, geskaaf, weer geproe en toe sommer nog 'n slag geproe. Die resultaat van so 'n uitsoekproses is 'n resepteboek wat jou sal help...