- Home
- diskontobooks
diskontobooks
Vriendelike Ballerina, Die
R 95.00
'n Ballerina leer hoe vriendelikheid 'n ware ster van jou kan maak in hierdie prettige boek. Goeie maniere... Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees --- en die lewe vir almal 'n bietjie makliker maak!
Vrolike liedjies
R 120.00
Hierdie versameling van Afrikaanse volksmuisiek is ideaal om op die lamg pad, om die kampvuur of net vir die genot daarvan te sing.
Vrolike liedjies volume 1 (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. Vrolike liedjies, boek en CD, is 'n klein bloemlesing uit die skatkis van ons Afrikaanse volksmusiek. Al die ou bekendes is hier, van "Bobbejaan klim die berg" tot "So ry die trein", "Suikerbossie" en "Vat jou goed en trek, Ferreira"
Vrolike liedjies volume 2 (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiekVrolike liedjies Volume 1 het soos soetkoek verkoop. Daarom is Vrolike Liedjies Volume 2 nou beskikbaar met nog ou bekendes soos Die blink vosperd, Dis heerlike lente, Solank as die rietjie Die genot wat hierdie tradisionele liedjies gee, is nie beperk tot 'n spesiale geleentheid nie. Sing hulle by die huis, op pad êr...
Vrolike Vriende: Soek en Pas Oerwoud-Partytjie
R 50.00
Help vir Lennie Leeu om die uitnodigings na sy partytjie af te lewer! Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige teks en prettige kartonkarakters wat in die gleufies op die bladsye pas, is hierdie boek perfek vir kleuters om saam te lees en saam te speel, deur telkens die verskillende dierekarakters te soek en pas op elke bladsy.
Vrolike Vriende: Soek en Pas Prettige-Plaas!
R 50.00
Lammie die skapie is op pad skool toe en hy het jou hulp nodig! Met kleurvolle illustrasies, eenvoudige teks en prettige kartonkarakters wat in die gleufies op die bladsye pas, is hierdie boek perfek vir kleuters om saam te lees en saam te speel, deur telkens die verskillende dierekarakters te soek en pas op elke bladsy.
Vrot Eier
R 100.00
Kan ’n hond se stink talent die wêreld red? Het jy al ’n bloukaas met hope persoonlikheid teëgekom? Wat moet jy doen as jou ouma se handgemaakte geskenk in die toilet beland? Sal jy ’n hele rugbyspan se vuil kouse was? Hierdie boek bevat sewe stink stories, so druk toe jou neus voor jy begin lees!
Vrugte Van Die Gees (1) - Vrede Vreugde Getrouheid
R 89.00
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”. Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die G...
Vrugte van die Gees: Goedheid Sagmoedigheid Selfbeheersing
R 80.00
Vrugte van die Gees: Goedheid, Sagmoedigheid en Selfbeheersing is die derde en finale boek in ’n splinternuwe reeks kinderboeke wat gebaseer is op die vrug van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersi...
Vrugte van die Gees: Liefde, Geduld, Vriendelikheid
R 89.00
Die tweede boek in die Vrugte van die Gees-reeks. Elke boek bevat ’n storie, ’n Bybelstorie met ’n boodskap, ’n gebed, ’n Bybelvers en ’n praktiese uitdaging. Saam leer Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen van eienskappe wat die Here graag in hulle lewe wil sien.
Vrydag is ek verlief
R 220.00
Ella Olivia is 'n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.Na 'n belaglike insident waarin sy 'n meme geword het (natuurlik op 'n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer 'n nuwe begin vir haar. Maar na nóg 'n belaglike verwarring, bevind sy haarse...
Vuil Ferdie: Burp!
R 170.00
Ontmoet vir Vuil Ferdie, ’n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie ’n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd ...
Vuil Ferdie: Eeuw!
R 180.00
In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.
Vuil Ferdie: Kieme!
R 180.00
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.
Vuil Ferdie: Modder!
R 180.00
Vuil Ferdie: Modder! In hierdie boek beleef Ferdie ook drie skreeusnaakse avonture. Hy moet koes en keer wanneer hy die sokkerspan se nuwe doelwagter is; hy moet skoon bly vir die skoolfotograaf en hy het ’n baie spookagtige belewenis wanneer hy by maats oorslaap!
Vuil Ferdie: Tande!
R 180.00
Vuil Ferdie: Tande! Lees saam aan hierdie splinternuwe verhaal van Vuil Ferdie. In die drie stories van die boek moet Ferdie ’n onbeplande uitstappie na die tandarts neem; probeer hy koel bly op een van die warmste dae van die jaar en veroorsaak Ferdie per ongeluk ’n noodgeval terwyl hy saam met sy paniebevange pa vlieg!