Volwasse: Kookboeke
Landbou Boerekos
R 390.00
Landbou Boerekos is 'n boek wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Dié boek is ingedeel volgens plaasprodukte en bevat 'n magdom resepte met appels, aartappels, bessies, dadels, droëbone, hoender, kool, druiwe, eiers, om maar 'n paar te noem, as hoofbestanddeel. Dit is volgeprop met tydlose Boerekosresepte en bevat meer as 100 resepte ...
Landbou Boerekos: Die Beste Gebak
R 120.00
As die bakgogga byt, of jy hunker na die vertroostende smaak van tradisionele tuisgebak, is die nutste toevoeging toto die Landbou Boerekos-trefferreeks, Landbou Boerekos - Die beste gebak net die regte boek om nader te trek.Die boek bied 'n omvattende versameling bakresepte uit die gewilde kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy dus al ooit jou Ou...
Weg! Platteland Seisoenskos
R 120.00
Alle goeie kos begin by vars bestanddele en Seisoenskos was jou hoe om van lente, somer, herfs, en ja, ook winter, 'n okkasie te maak. Ruim tyd in om kos te maak en dit aan tafel met spesiale mense te geniet. 90 resepte - van voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte, bykosse, nageregte, gebak en drankies - maak dit maklik om die oorvlo...
Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergiee en Voedselsensitiwiteit
R 90.00
As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en b...
Maaltye: Maklike geregte vir elke geleentheid
R 390.00
Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat gr...
Laat die Potte Prut (VIA)
R 330.00
Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur - maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en 'n uithaler sjokalade-toringkoe...
JanBraai: Shisanyama
R 450.00
Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.
Kook en Geniet
R 450.00
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as ’n miljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld dié klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van dié boek.Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet – van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebr...
Dit Proe soos Huis
R 415.00
In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy weef haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories ineen. Dit is resepte van onthou dié – ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was. Kos is liefde en in die kombuis klop die hart van die huis.
JanBraai: Vegetaries
R 435.00
'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings...
JanBraai: Braaibroodjies & Burgers
R 405.00
Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie...
JanBraai: Vuurwerke
R 385.00
In die herverpakte sagteband uitgawe van Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai sy kennis van vuurmaak en vleis met al sy aanhangers. As daar een persoon is wat weet van braai dan is dit Jan Braai. Hy het al met duisende Suid-Afrikaners regoor die land gebraai en verstaan wat mense wil weet oor braai. Die boek bevat Jan se duidelike e...
VLEIS: Die omvattende Gids
R 450.00
Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons. Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien i...
Boerekos Met 'n Twist
R 399.00
In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamig...
Marinda se Koskas
R 280.00
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos". Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreem...