- Home
- Gevaarlike Lopies / Duskant die Doodlyn: 2 in 1
Gevaarlike Lopies / Duskant die Doodlyn: 2 in 1
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus! In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel!
Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ’n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek, en wat soek hulle? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ’n nagmerrie gaan ontaard ... Werner en sy vriende in Duskant die doodlyn lééf vir rugby.
Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hul aartsvyande ’n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En waarom gebeur daar skielik allerhande vreemde dinge met Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner en die res van sy span beland in groot gevaar ...
Related Products
Voel en Leer: Wilde Diere
Voel en Leer: Wilde Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie wilde diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Avonture Op Die Plaas 2: Manie Muis Skrik Groot
R 50.00
Manie, die klein muisie, sit en kyk hoe Boer Frans werk. Maar dan steek Boer Frans sy hooivurk in die baal waarop Manie sit … Manie trek soos 'n vrot vel deur die lug, in die rigting van die diere se drinkbak
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Dierestories: Stoffel die Skilpad
R 55.00
Stoffel se familie trek na 'n nuwe strand toe. Hy is baie skaam. Sal hy dit regkry om nuwe maats te maak?
2 in 1 Feetjiestories
2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 280.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…
Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...