Nina en die crazy klere
"Geen speurdramas nie, hoor!" waarsku haar ma toe sy vir Nina en haar beste vriendin, Jessie by die Eksotiese Eksperimente Ekspo aflaai. Speurdramas? Wat kan dan nou verkeerd gaan by 'n ekspo waar daar hope opwindende nuwe wetensakplike uitvindings gaan wees? Boonop is hierdie ekspo die perfekte plek om meer te probeer uitvind oor Nina se swart-en-rooi pet met die spesiale kragte. Iets rampspoedigs gebeur egter en die twee vriendinne moet al hulle vindingrykheid inspan om die raaisels te probeer oplos.