- Home
- Op die maat van Maya
Op die maat van Maya
Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ...
Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer. Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf. Op die maat van Maya is ‘n pragtige liefdesverhaal, maar vertel ook ’n dieper storie oor die band tussen ’n meisie en haar ouers. Die verhaal sal beslis aanklank vind by musiekliefhebbers, asook almal wat van ’n bietjie liefde hou. Nerine Ahlers & Alet Steenkamp is die gewilde skrywersduo van die topverkoper SSS-reeks.
Related Products
Klein Handjies - Wilde Diere

Klein Handjies - Wilde Diere
R 40.00
Die boekie is ideaal om vroeë begrippe aan te leer. Babas en kleuters kry die geleentheid om aan die teksture te voel en die verskille te onderskei. Daar is meer titels in die reeks.
2 in 1 Dierestories

2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
Voel en Leer: Baba Diere

Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Slaaptydstories

2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Plaasdiere

Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Raserige Plaas! Klankboek

Raserige Plaas! Klankboek
R 295.00
Moee! Blêr! Runnik! Leer alles omtrent plaasdiere met hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met 10 dieregeluide en maklik om te gebruik gevromde sleutels, is hierdie boek die perfekte manier om die lewe op die plaas te verken!
2 in 1 Feetjiestories

2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.

My Eerste Verf met water Kunsboek nr 4
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
Jesus Liedjies (met CD)

Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...

Sprokies met Lesse: Jan breek die boontjierank! 'n Storie oor Eerlikheid
R 60.00 R 120.00
Jan hou baie van boomklim, maar hy mag nie in die nuwe boontjierank in hulle tuin opklim nie. Sal hy die versoeking kan weerstaan wanneer die boontjieranke hoog in die lug op groei? Met hierdie oorspronklike sprokie oor Jan kan kinders van eerlikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster

Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Soek-Soek Inkleurboek: Diere

Soek-Soek Inkleurboek: Diere
R 40.00
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van diere. Van paddas wat spring tot marmotjies wat gaap en krokodille wat 'n kroon dra. Kom kuier ...