- Home
- Vind Uit! Aarde
Vind Uit! Aarde
Wat wil jy graag uitvind?
Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling-niefiksietemas te word, van wetenskap en haaie tot robotte, kodering en die heel nuutste tegnologie. Elke boek bevat asemrowende foto's, fantastiese vasvrae en hope prettige, relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret nie!
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:
Wetenskap, Aarde, Haaie, Robotte, Kodering en Ingenieurswese.
Aarde
Ontdek die struktuur van die aarde, van sy rooiwarm kern tot die berge, woestyne en oseane op die planeet se oppervlak. Vind uit waarom ons seisoene het, hoe die watersiklus werk, en waarom ons bevolking groei. Wat is die aarde? Waarom het ons grond nodig? Hierdie fantastiese boek bied sleutelfeite oor aardrykskunde op 'n prettige en opwindende manier aan sodat jong lesers die wonders van ons planeet kan verken - van aardbewings tot berge, vulkane tot riviere, en ekostelsels tot die rotssiklus.
Related Products
2 in 1 Dierestories
2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
2 in 1 Slaaptydstories
2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Avonture Op Die Plaas 2: Manie Muis Skrik Groot
R 50.00
Manie, die klein muisie, sit en kyk hoe Boer Frans werk. Maar dan steek Boer Frans sy hooivurk in die baal waarop Manie sit … Manie trek soos 'n vrot vel deur die lug, in die rigting van die diere se drinkbak
Avonture Op Die Plaas 5: Ses Stoute Varkies
R 50.00
Daar is ses nuwe varkies op die plaas! Maar hoe groter hulle word, hoe stouter word hulle. Haan roep al die plaasdiere bymekaar om te kom help om die ses karnallies 'n paar lesse in goeie maniere te leer.
My Eerste Verf met water Kunsboek nr 1
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
Ek kan nou Lees: Avontuurstories
R 90.00
Hierdie pragtige boek met avontuurstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit.
2 in 1 Klassiekestories
2 in 1 Klassiekestories
R 40.00
Trek jou glasskoentjies aan en gaan saam met Aspoestertjie na die bal of miskien wil jy Rooikappie deur die groot woud vergesel. Hierdie twee klassieke verhale gaan jou verbeelding aangryp!
My heel eerste plakkerboek: Seekat
My heel eerste plakkerboek: Seekat
R 40.00 R 80.00
Leer ken kleure en ontwikkel fyn motoriese vaardighede in hierdie boek met kleurvolle prente en herbruikbare plakkers. Die kleur van die plakkers moet gebruik word om te bepaal waar die regte plek op die bladsy is om dit te plak. Kinders sal leer om die primêre kleure te herken met hierdie opwindende eerste plakkerboek!
Ek kan nou Lees: Plaasstories
Ek kan nou Lees: Plaasstories
R 70.00 R 90.00
Hierdie pragtige boek met plaasstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit. "
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Die
R 250.00
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse! Pasop vir die ...