- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Fantasi
Kinders: 6 tot 8 Jaar

Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …

Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…

Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!

Avonture Op Die Plaas 3: Hansie Vlieg weg
R 50.00
Die lug is vol swaar, grys wolke en die wind waai woes. Daar's 'n storm op pad! Hansie die haas skuil onder 'n vlieër. Maar dít was dalk nie so 'n goeie plan nie. Die wind waai al hoe sterker ...

Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...

Avonture Op Die Plaas 7: Nuwe Maatjies
R 50.00
Vroegoggend al sit boer Frans buite op 'n bankie. Hy kyk die hele tyd op sy horlosie. Dan tuur hy weer in die pad af. Wie sou hy verwag? 'n Vragmotor kom aangery…

Avonture Op Die Plaas 8: Nagvlug
R 50.00
Wanneer Manie en Tobie, die twee klein muisies, hul niggies van die vlermuisfmailie leer ken, wil hulle net ? 'n ding doen: hulle wil ook vlieg… Sal hulle droom waar word?

Avonture Op Die Plaas 9: Die Vreeslike Voelverskrikker
R 50.00
Fanie is nie die beste voelverskrikker nie. Hy lyk so vriendelik dat die kraaie niks bang vir hom is nie! Sodra boer Frans sy rug draai, vlieg hulle maar weer die saailand in. Maar dan maak die plaasdiere 'n plan …

Avonture Op Die Plaas Omnibus
R 275.00
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.

Bella Beer: 'n Hartjie Vir Mamma
R 150.00
Bella Beer wil vir Mamma iets maak ? 'n groot hartjie! Wat het sy nodig om so ?n hartjie te maak? Groen verf of geel? Of is 'n hartjie blou? Nee, ?n hartjie moet rooi wees! Bella Beer spring aan die werk. Maar, o, wee! Hoe nou gemaak, Mamma?

Bella Beer: 'n Liggie Vir Pappa
R 150.00
Bella Beer en Pappa kyk na die sterretjies. Kyk net al die liggies in die donker. Toe slalpenstyd kom, wil Bella nie slaap nie. Bella is bang vir die donker. Pappa's? vir Bella dat die sterretjies heelnag skyn. Maar Bella kan nie die sterretjies van haar bed af sien nie. Ha! Wag so 'n bietjie, Pappa maak 'n plan!

Bontie se Brul
R 90.00
Dinosourusse kompeteer gereeld om te hoor wie die hardste kan brul. Brontie die brontosourus wil eerder sing as om te brul. Al kan hy nie goed sien nie en al maak harde geluide hom skrik, kan hy baie fyn luister. Daarom weet hy sy maats is ook bang dat hulle nie goed genoeg is nie, al brul hulle hóé hard. Dan doen Brontie ’n dapper ding: Hy sing...

Divan se Avonture
R 80.00
Divan is 'n lewenslustige, agtjarige seuntjie wat aan serebrale verlamming ly. Hy is baie opgewonde oor sy heel eerste rolstoel. Die oomblik toe hy sy rolstoel ontvang, is hy op soek na al wat n avontuur is… In 'Die lewe is n lied!' agter in die boek vertel Mathys Roets van al sy avonture in sy rolstoel.

Eerste Leesboeke: 'n Goue Ster Vir Kallie
R 70.00
Die dieretuin gee goue ster-pryse vir die diere. Kallie die kameelperd het net die regte plekkie teen sy heining vir 'n ster. Maar gaan Kallie 'n goue ster wen?

Eerste Leesboeke: Astro Akademie
R 70.00
Abri klim per ongeluk op die verkeerde minibus, en beland by Astro-Akademie, ’n skool vir ruimtewesens! Sal hy dit regkry om nie raakgesien te word nie wanneer hy ’n ruimte-kapsule moet vlieg? Abri sal sy bes moet probeer

Eerste Leesboeke: Bohaai op die Bus
R 70.00
Daar is geen bohaai op Silas se bus nie, maar die passasiers begin moeilikheid maak! Is dit te veel bohaai vir Silas se bus? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.