- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- Fantasi
Kinders: 6 tot 8 Jaar
Eerste Leesboeke: Wenskat!
R 70.00
Mira wil net dieretuindiere as troeteldiere aanhou en elke dag roomys eet, maar almal sê altyd nee! Wanneer 'n rowwe, wilde rondloperkat in die dorp opdaag, word Mira se wens waar... Maar sal sy gelukkig wees?
Eerste Leesboeke: Zoem en Spring! Spring!
R 70.00
Zoem. Zoem! Zoem!-Wat is daardie geluid? Spring! Spring! Karel hou van spring. Hy spring oral! Klerukodes vir begeleide lees. Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui.
Ek Lees Self: Die Fluitspeler Van Hamelin
R 30.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwerp om kinders met aanvangslees te help. Die bekende sprokies, opwindende kunswerk en eenvoudige teks sorg vir 'n suksesvolle leeservaring.
Emosies: 'n Verliefde Katjie
R 70.00
Dit is die storie van 'n katjie wat onkant gevang word deur 'n vreemde emosie: Sy wange bloos en vlinders fladder in sy magie ... Wat gaan met hom aan? Dit is nie net die storie van 'n katjie wat halsoorkop verlief is nie, maar dit leer jou ook hoe om eenvoudige oplossings te vind sodat jy kan leer hoe om rustig te wees, al woel vlinders in j...
Fantasi Minileesboek: Dis 'n Hondelewe
R 70.00
Daar is min dinge beter as die mens se beste vriend. Maar ai, wat 'n hondelewe! Gelukkig kry elke hond sy dag!
Flintie Valsbaard En Die Ys Eiland
R 100.00
Flintie Valsbaard is 'n slim uitvinder … en kamma-seerower! Hoe dan anders? Sy pappa is die vreeslose Kaptein Valsbaard! Wel, eintlik is Pappa meestal dierbaar en vol liefde … Pasop net as hy sy woeste valsbaard, oogklap en houtbeen aantrek ? dan roof en plunder hy vir die vale! Seil saam met Flintie na Ys-Eiland en vind uit waarom die vulkaan v...
Geliefde Sprokies Bundel
R 275.00
Kom deel in die wonderwereld van sprokies … 'n hele fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees- en kykgenot vir jonk 'n oud. Die besondere illustrasies deur Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op 'n onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in - Eendag, lank, lank gelede …
In die Kliptyd: Ek, Petoet
R 80.00
Petoet beland in die moeilikheid wanneer een van sy uitvindsels vir baba Nien in gevaar stel. Maar dis alles goed en wel, want sy weet presies na wie om te wys!
In die Kliptyd: Klip-onderbroek
R 80.00
Petoet kry yskoud .... Hy kry die blink plan om vir hom 'n onderbroek te maak! Maar in die kliptyd is daar nie veel om 'n onderbroek van te maak nie .... Of is daar?
In die Kliptyd: Klipspeletjies
R 80.00
Die kliptyd is vervelig. Petoet, met die hulp van sy kleinboet Klippies, is vasberade om die beste speletjie ooit te ontwerp, maar hulle maak net 'n gemors daarvan. Sal Petoet 'n tikkie ruk en rol na die kliptyd kan bring?
Kaleidoskoop 2: 'n Bek Vol Tande
R 50.00
Hendrik Hoenderhaan en Bessie Ronde-Eier ontdek 'n pienk ding wat soos 'n skulp lyk ? Die pienk ding het dan pitte, maar dit lyk nie of dit in hel veld hoort nie! Hoppie Haas werp lig op die onderwerp: Dis menstande daai, julle veldgoggas?
Klein Grillie Spinnekop
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop spring op 'n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het 'n ander antwoord … 'n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.
Klein Grillie Spinnekop - Vakansie by die see
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek? Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.
Klein Grillie Spinnekop - Vakansie Op Die Plaas
R 140.00
Klein Grillie Spinnekop gaan hou vakansie op die plaas. Hy pak sy rubbersteweltjies in en sien baie uit na al die diere wat hy gaan leer ken. Wie weet, dalkies loop hy daar 'n hond-kat-koei raak …? 'n Heerlike plaasavontuur vir die hele gesin!
Klouter!
R 90.00
Die apies, bobbejane en gorillas kraai koning in die woud omdat hulle in die hoë bome kan klim. Hettie, ’n liewe olifantjie, wil graag by haar maats inpas en droom daarvan om soos hulle te klim en klouter. Sy skryf vir die jaarlikse boomklimkompetisie in en begin hard oefen. Maar olifante kan nie boomklim nie – hulle het wel ander talente. He...
Krimpvarkies, Die: Drukkies
R 80.00
Kasper en Karla is heel beste maats. Daar is soveel dinge om te doen waarvan hulle hou. Maar daar is een ding wat hulle nie kan doen nie ... hulle kan nie vir mekaar drukkies gee nie! Hulle is te stekelrig!