Products
Bomani Meerkat: Die Veer van Vriendskap en ander Avonture
R 30.00
Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daa...
Bontie se Brul
R 90.00
Dinosourusse kompeteer gereeld om te hoor wie die hardste kan brul. Brontie die brontosourus wil eerder sing as om te brul. Al kan hy nie goed sien nie en al maak harde geluide hom skrik, kan hy baie fyn luister. Daarom weet hy sy maats is ook bang dat hulle nie goed genoeg is nie, al brul hulle hóé hard. Dan doen Brontie ’n dapper ding: Hy sing...
Boom se Naam is Bojabi, Die
R 70.00
'n STORIE UIT AFRIKA Die diere is so, so honger. Dan sien hulle 'n pragtige boom, oortrek met rooi, ryp vrugte wat ruik na die soetste vesel-perske, vet soos 'n spanspek, sappig soos 'n grannaat... Maar...styf opgekrul om die boom is die grootste luislang wat hulle nog ooit gesien het. En die luislang sal die diere net van die vrugte laat eet ...
Boomhuis met 26 Vloere, Die
R 195.00
Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! En hulle het intussen bouwerk gedoen. Nou het die boomhuis 26 vloere! Hul boomhuis het nou onder andere ook ’n moddergeveg-arena, ’n stamkarretjiesbaan, ’n anti-gravitasiekamer, ’n skaatsplankbaan en ’n doolhof van doem wat so ingewikkeld is dat niemand nog ooit daaruit kon kom nie – tot nou ...
Boomhuis met 39 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry het nóg vloere aangebou by hulle fantastiese boomhuis! Nou is daar 39 vloere met allerhande prettige byvoegings – soos die wêreld se vreesaanjaendste tuimeltrein, ’n maller-as-mal-mallemeule, ’n reusetrampolien, en ’n disko om maar net ’n paar goed te noem. En die beste byvoeging van als? ... Terry se nuutste uitvindsel ... ’n mas...
Boomhuis met 52 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 vloere! En hulle nuwe prettige byvoegings sluit onder andere in: 'n golfmasjien, 'n regte-egte slangetjies-en-leertjies-speletjie met regte slange en lere, en 'n hoëtegnologie speuragentskap met die nuutste speurtegnologie wat baie handig te pas kom. Want hulle uitgewer, mnr. Groot...
Boomhuis met 65 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se fantastiese boomhuis het nou ’n verstommende 65 vloere, en een daarvan is Jill se eie troeteldiersalon waar sy al haar diertjies kan mooimaak! Die opwindende byvoegings tot die boomhuis sluit in: ’n kamer vol ontploffende oogballe, ’n suigstokkiewinkel, ’n dryfsandput, ’n mierplaas, en ’n kamer waar dit altyd jou verjaardag i...
Boomhuis met 78 Vloere
R 250.00
Kom kuier by Andy en Terry in hulle fantastiese nuwe boomhuis met 78 vloere. Daar is 13 nuwe vloere met opwindende nuwighede soos n deurry-karwassery, n kombinasiestasie, n krabbeltorium, n ALLE BALLE-sportstadion, Anyland, Terrystad, en n oplugfliekteater! Ja jy het reg gelees - n fliekteater! Hulle het selfs n grootkop uit Hollywood wat n flie...
Boosaardige broers Botha, Die
R 150.00
Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels - manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar's iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy's glads te maer en skraal. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit 'n dier sal skiet, is met 'n kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. Vera...
Buksie en Bella
R 80.00
Buksie en Bella is heeldag besig, besig, besig! Hulle jaag mekaar, speel wegkruipertjie en hardloop rond en bont! Hierdie pragtig geïllustreerde prenteboek is ’n ritmiese viering van die prettige, liefdevolle band tussen ’n baba en ’n hondjie. In die klein rooi huis duik Buksie die hondjie onder die tafel in. Hy wag en kyk en wag nog ’n bietji...
Bullebakke: Episode 1
R 150.00
Ontmoet mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha. Hulle maak mens bang, hulle is gevaarlik en hulle is sommer net ... GOOR. MAAR hierdie vier ouens wil graag helde wees. Hulle is moeg daarvoor om as slegte ouens gebrandmerk te wees. En hulle wil dit bewys, of jy nou daarvan hou of nie. En hul eerste missie as GOEIE ouens besluit mnr. Wo...
Bullebakke: Episode 2
R 150.00
10 000 hoenders is vasgevang in ’n hoë-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos ’n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub. Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem ... Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie...
Bullebakke: Episode 3
R 150.00
Vandag is 'n baie slegte dag vir die Bullebakke! Mnr Wolf en sy bende wat so hard probeer om goeie ouens te wees, het 'n rukkie gelede met die verkeerde Marmotjie gelol. En hierdie nare klein donsklos wil nou wraak neem. Sal die Bak Bulle Klub dit oorleef? Sal hulle helde wees? Miskien as hulle ophou om mekaar te probeer opeet..... Maak gereed v...
Bullebakke: Episode 4
R 150.00
Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog 'n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaau-monsters nie. Hulle nuutste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie v...
Bullebakke: Episode 5
R 150.00
Daar is slegte nuus en goeie nuus ... Die wêreld gaan eindig, MAAR die Bullebakke is hier om dit te keer! Dit beteken hulle sal net 'n vuurpyl moet “leen”, en daar is miskien iets kriewelrigs in die ruimtepakke ... en mnr. Piranha het moontlik te veel burrito's geëet ... Maar nou ja, dit kan tog nie so erg wees nie? Of ? Die dapper helde is op ...
Bullebakke: Episode 6
R 150.00
Die Bullebakke is nou in die buitenste ruimte. En hulle verdwyn een na die ander!! ’n Gruwelike ruimtewese met vreeslik baie tande en heeltemal te veel boude raap hulle een vir een op! Is dit die einde vir die goeie ouens wat so graag helde wou wees?