Products
Om jou te Ken
R 180.00
Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword. Al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are. Gelukkig het Gabby goeie vriende en dalk selfs iets meer as net vriendskap met Brandon... Toe die matriekgroep van Barkly-Wes op ’n toer na...
Onderwêreld
R 242.00
Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy 'n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom, onwillekeurig, in 'n ...
Ongevalle In Die Dierehospitaal
R 300.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Ongevalle in die Dierehospitaal Oudioboek
R 100.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Oom Alfie, jy lieg mos nou!
R 100.00
Wat gaan vandag met Oom Alfie aan? Hy wil net lawwe liegstories vertel!“Sebras het koeëlronde kolle!” sê hy.Maar almal weet tog dit is nie waar nie!Sebras het nie kolle nie … of hoe?Kan jy vir Natie help met die waarheid? ’n Saamdoenboekie vol pret en raaisels!
Oom Kaspaas, Jakkals en Wolf & Adoons-hulle
R 100.00
T.O. Honiball is alombekend vir sy spotprenttekening- en strokieskuns. Hiervan het dan ook gereeld in koerante verskyn asook in die Landbouweekblad en Die Huisgenoot. Die karakters van Oom Kaspaas, Adoons-hulle en Jakkals en Wolf is deur hom geskep en alom bekend. Hierdie boekies is 'n stukkie Afrikana wat bewaar moet word.
Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle wat deur elf gedeel kan word
R 240.00
Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.
Op die maat van Maya
R 200.00
Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil ga...
Op die potjie, gou!
R 199.00
Dit is nie net hasie wat op pad is na die potjie nie, selfs ballerina olifant en kangaroe is deel van die groep! In hierdie rymende potjie-boek word almal na die potjiepartytjie uitgenooi, insluitend die leser! Deur die gewilde illustreerder van die topverkoper-titel ?Raai hoe lief is ek vir jou? Die pragtige Afrikaanse rymvertaling is...
Operasie: spinasie-situasie
R 200.00
“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!” Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie hê nie. Maar sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op sy bord. Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dadelik dit was ’n fout. ’n Groot fout. Want ’n rilling rol deur sy hele lyf. ...
Otters, Die (1)
R 150.00
Gits! Dis ’n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis ’n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ’n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette – wat ’n ellende! Buks, Kassie en Li...
Otters, Die (2): se Koshuisstreke
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan m...
Otters, Die (3): op die Bosveldplaas
R 180.00
Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentime...
Otters, Die (4): en die Huis op die Krans
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters o...
Otters, Die (5): se "Fietstoer"
R 180.00
Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saa...
Otters, Die (6): Skateiland van die Seychelles
R 180.00
Die drie vriende wat bekend staan as die Otters, gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahé af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassi...