Products
Oupa Zombie
R 220.00
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan ...
Oxford Afrikaans - Engels Skoolwoordeboek / School Dictionary
R 156.00
Hierdie moderne, toeganklike woordeboek is ontwerp om leerders doeltreffend in hulle addisionele taal te laat lees, skryf en praat. Dit fokus daarop om leerders te help om hulle mees algemene struikelblokke te oorkom en bied ondersteuning op ses sleutelgebiede. / Designed to enable learners to read, write and speak effectively in their addition...
Oxford Primere atlas vir Suid-Afrika CAPS: Gr 4 - 7: Leerdersboek
R 200.00
Die Oxford Primere Atlas is deel van 'n baanbrekersreeks atlasse wat op die mees hersiene kaarte en data gebaseer is. Dit is volledig vir die KABV hersien en met hierdie uitgawe word leeders toegerus met ide hele inhoud en al die vaardighede wat benodig word om in Graad 4 - 7 in kaartwerk uit te blink!
Padda Se Groot Avontuur
R 140.00
Padda is moeg daarvoor om net heeldag te sit en kwaak. Hy wil rondreis en die wêreld sien. Maar sal hy ooit weer veilig tuis kom? ’n Opwindende interaktiewe avontuur vir dapper klein reisigers met loergaatjies en ’n uitvou-verrassing aan die einde. Die boek is perfek vir peuters. Dit ontwikkel geletterdheidsvaardighede en ruimtelike woordeskat.
Paddington die Beertjie (Boek 1)
R 200.00
Hierdie is ‘n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Die oorspronklike storie van die beertjie uit Peru; Paddington in die tuin & Paddington mik na goud) ’n Naamlose beertjie uit Donker Peru beland op Paddington Stasie met slegs ’n tas, ’n halflee fles marmelade en ’n etiket wat lees: “Kyk asseblief mooi na hierdie beer.” Di...
Paddington die Beertjie (Boek 2)
R 200.00
Hierdie is ’n drie-in-een boek! Afrikaanse vertaling van Paddington. (Paddington die kunstenaar; Paddington in die hospitaal & Paddington by die dieretuin) Paddington – die beertjie uit Donker Peru – en sy vriend besoek ’n kunsuitstalling, wat Paddington daar en dan laat besluit om ook te skilder. Hy hoop dat iemand sy skilderye sal koop, ma...
Palette: Recycling Projekte
R 210.00
Upcycling-projekte bied 33 selfdoen palet-items waar die nederige palet omskep word in goedkoop, praktiese en eko-vriendelike meubels, dekor, speelgoed, tuinprodukte en geskenkitems. Upcycling is die term wat gebruik word vir kreatiewe herwinning van afvalmateriaal of onbruikbare, ongewensde items, om nuwe produkte wat waarde het te skep.
Pampoenpit kry ‘n beat
R 140.00
Pampoenpit word een oggend wakker met ’n spesiale liedjie in haar hart. ’n Op en wakker ritme wat binne haar borrel en bruis … Die musiek is ongeduldig, dit wil almal graag laat sing. Die ritme wil die hele buurt laat dans en laat rondspring! Kort voor lank vaar Pampoenpit die strate in om haar spesiale liedjie met almal te deel!
Pampoenpit se Groen Gevoel
R 130.00
Hierdie storie vertel hoe ’n mens jou omgee moet vind wanneer jy ’n groen gevoel van jaloesie kry ... “Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ’n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ’n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Die kwaad stoot in haar keel o...
Pennie die Pikkewyn
R 65.00
Pennie, die pikkewyn, kan goed swem, duik en gly. Wanneer ander pikkewyne in haar kolonie opsoek is na kos, moet sy leer om hulle te help en haar vaardighede te deel.
Pensie Spoeg Vuur
R 75.00
Twaalf wonderbaarlike stories van drake en fee en kabouters in ’n wereld vol avonture, geillustreer deur die bekroonde Stefanie Dahle. Daar is Joris, die groot draak met die sagte hart, Mommel wat vet pret het met die ridders, Pensie, die jong drakie wat moet leer om vuur te spoeg, en vele meer . . . Stefanie Dahle se lieflike, delikate illustra...
Per Ongeluk Parys
R 210.00
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. ...
Percy Jackson en die Olimpiers: Weerligdief
R 180.00
Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir ...
Perde-omnibus 1: Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge
R 235.00
In Sonder Chocolate Charlie moet Nell die ongeluk wat haar geliefde Charlie se lewe geëis het, verwerk. Brigadier en die raaiselponie is die verhaal van susters Zahn en Alex en hulle pa se stram verhouding, met 'n raaisel wat in die Knysna-bos ontrafel word deur Zahn en Brigadier. In City Girl en die swart hings is Nicole teen haar sin saam m...
Perfek!
R 180.00
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan ...
Perfekte Brander, Die - en ander verhale
R 220.00
Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bring jou branderplank en kom duik in hierdie versameling splinternuwe stories vir jongmense!