Products
Nuwe Avonture Op Die Plaas Omnibus
R 275.00
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Nuwe maatjies; Nagvlug; Die vreeslike voelverskrikker; Jag die jagter; Katjies in nood; Sirkus op die plaas.
Nuwe Kinderverseboek
R 410.00
Nuwe Kinderverseboek, compiled by Riana Scheepers and Suzette Kotze-Myburgh, is the latest, most enjoyable, and most exciting collection of children's verse in Afrikaans! It offers more than 300 poems written especially for the Afrikaans child of the 21st century. is the latest, most enjoyable, and most exciting collection of children's verse in...
Olifant wat bang was, Die
R 125.00
Olifant kan nie sy ma kry nie, en skielik word die bos 'n vreesaanjaende plek vol spokerige geluide en donker vorms. Maar dan ontmoet hy 'n verlore luiperd. Hoe gaan die twee bang maats die pad huis toe kry?
Olifantjie Wat Aan Die Slaap Wou Raak, Die
R 60.00
'n Slaaptydstorie gebruik gesofistikeerde sielkundige tegnieke wat ontwerp is om kinders rustig en aan die slaap te maak. Die hasie wat aan die slaap wou raak was 'n internasionale blitsverkoper. Nou is die opwindende tweede boek in hierdie baanbrekerreeks beskikbaar! In die boek stap Alie die olifantjie deur die woud, terwyl sy gereed maak...
Olivia se olifant
R 145.00
Toe Olivia Olivier op die oggend van haar tiende verjaardag wakker word, verwag sy glad nie om ’n baie verwarde olifant op haar voorstoep te kry nie. Olivia se olifant is ’n betowerende storie oor ’n ongewone vriendskap tussen ’n dogtertjie en haar olifant.
Om jou te Ken
R 180.00
Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword. Al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are. Gelukkig het Gabby goeie vriende en dalk selfs iets meer as net vriendskap met Brandon... Toe die matriekgroep van Barkly-Wes op ’n toer na...
Om te Dans
R 200.00
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Maar toe verander alles in ’n oogwink. Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe sk...
Omdat ek so lief is vir jou
R 160.00
Ysie ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe om 'n sneeuvlokkie te smaak, dat die wind kan streel en byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die belangrikste vraag ke...
Onderwêreld
R 217.00
Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy 'n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom, onwillekeurig, in 'n ...
Ongevalle In Die Dierehospitaal
R 300.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Ongevalle in die Dierehospitaal Oudioboek
R 100.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Onkant
R 120.00
Kayla is moeg vir al die praatjies by die skool. Dit voel al asof dit op haar voorkop geskryf staan: Pa het werk verloor. Finansiele probleme. Moes huis verhuur. Woon nou in woonstel bokant die Spar. En dan is daar die ding met Coach. Haar hokkieafrigter maak haar deesdae ongemaklik, met die manier hoe hy na haar kyk en die dinge wat hy se. Maar...
Ons Grootste Springbokhelde : De Klerk
R 120.00
Hy nooit vir 'n Cravenweekspan geskies nie, maar Faf de Klerk het nie moed opgegee nie. Met ongeewenaarde wilskrag en deursettingvermoe het hy 'n Springbok geword. Faf was 'n deurslaggewennde deel van die span wat die Wugbywereldbeker in 2019 en 2023 gewen het.
Ons Grootste Springbokhelde : Du Toit
R 120.00
Pieter-Steph du Toit het grootgeword met n sterk gevoel dat hy vir iets groot bestem is. Die familie-nalatenskap was altyd vir hom belangrik, en hy was bewus van n gevoel van verantwoordelikheid imdat hy die Du Toit-naam dra.
Ons Grootste Springbokhelde : Etzebeth
R 120.00
Sedert hy vleuel was vir Hoërskool Tygerberg se 16B-rugbyspan, het Eben Etzebeth uitgestyg en op die ouderdom van 20 'n Springbok en 'n legende in Suid-Afrikaanse rugby geword.
Ons Grootste Springbokhelde : Kolbe
R 120.00
Kolbe is die verhaal van 'n jong seun uit moeilike omstandighede wat sy droom om 'n Springbok te word, verwesenlik het.