Products
Plakpoppies: Modes van Lank Gelede
R 130.00
'n Boek vir jong kreatiewe dogtertjies wat in mode belang stel. Jong dogtertjies kan op 'n pret en leersame wyse met mode kennismaak deur hierdie aanvulling tot die gewilde “Sticker Dolly Dressing” reeks van die Britse uitgewershuis Usborne. Die manlike en vroulike poppe kan aangetrek word in outentieke klere deur meer as 200 plakkers te gebruik...
Plons
R 130.00
Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 8 - 10 jaar oud.
Posman Beer: Stories uit die Eikewoud - lig die flappies
R 160.00
Diep in die Eikewoud skryf Posman Beer briewe aan al sy vriende. Lig die flappies om te sien vir wie hy skryf!
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 100.00
"Jason is so 'n goeie sokkerspeler dat hy genooi word om vir Orlando Pirates te speel. Sal hy ʼn sukses kan maak van hierdie geleentheid? Hierdie maklik-om-te-lees boek is ideaal om trae lesers aan te moedig en is gemik op leerlinge wat Afrikaans dalk as tweede- of derdetaal het."
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 230.00
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopo...
Pragtige Piesangs
R 140.00
Tembi is op pad na haar oupa toe. Sy vat vir hom 'n tros pragtige piesangs. Maar op pad daarheen klits 'n kameelperd dit tot in die stroompie.... SPLOESJ! Hoe gaan Tembi die piesangs terugkry? Vind uit....en ontmoet sommer ook honger bye, spelerige apies en selfs 'n niesende olifant langs die pad.
Praktiese geologie: Raak handig met fossiele!
R 155.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...
Praktiese geologie: Raak handig met klippe en minerale!
R 155.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...
Pratende Pot, Die
R 80.00
Helena Lochner se belangstelling in stories het ontstaan na aanleiding van die verhale wat die slawenageslag op hulle familieplaas saans vertel het. Hierdie is 'n keur uit Helena Lochner se mooiste verhale, waarvan die bekendstes Ou tante Langtand, Ou mamma Kromneus, Die pratende pot, Ou meneer Springer, die Boomprinses, e.a. ingesluit word. Die...
Presies anders Boek 1: Eksperimente en eerste soene
R 165.00
Zoe en Zoya is n identiese tweeling. Maar dit is waar die ooreenkoms eindig. Terwyl Zoe gedurig haar neus in 'n boek het en posters van die periodieke tabel teen haar kamermuur plak, is Zoya meer behep met haar voorkoms en die nuutste ou waarop sy kamtig verlief is. Wanneer Zoe 'n klomp seuns as proefkonyne gebruik vir haar ekspo-taak, raak ding...
Presies anders Boek 2: Cupcakes en Kupido's
R 165.00
Zoya presteer nie op skool soos haar identiese tweelingsussie Zoe nie. Maar wie gee tog om oor wiskunde en rekeningkunde? Dis veel beter om seker te maak sy lyk altyd fantasties op ’n selfie. Dis tog hoe sy Erwee du Rand se oog kan vang. Of is dit Wanneer Zoya gekies word as die hoof van die balkomitee, is sy in die wolke oor die kans om tyd sa...
Presies anders Boek 3: Somerskool en Spoke
R 165.00
Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ’n groot ramp veroorsaak n...
Pret met Letters
R 50.00
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite so...
Pret met Syfers
R 50.00
Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met syfers kombineer Wendy Maartens 40 stories met aktiwiteite om kinders se syfervaardigheid te slyp. Deur die stories ontdek hulle die wêreld van getalle in die Bybel – van belangrike feite soos dat ons net 1 God het, minder bekende s...
Pret op die plaas 1: Arrie raak weg
R 40.00
Arrie is 'n nuuskierige kuiken wat vir Haan, sy pa, baie vrae vra. Maar Haan is te besig om te antwoord. Arrie gaan maak 'n draai by al die diere op die plaas en vra die een moeilike vraag op die volgende. Maar hy het nie vir Haan gesê waarheen hy gaan nie....
Pret Op Die Plaas 1: Griet Leer Swem
R 50.00
Griet is nie lus om te gaan wei nie. Dis so vervelig! Dan kry sy n blink plan: Sy gaan swem! Daar is net n klein probleempie - Griet kan nie swem nie! Maar toe val Mevrou Eend se kleinste kuikentjie in die dam en Griet spring agterna om die kuikentjie te red...