Products
Net 'n bietjie dapper
R 205.00
Hansie is bang. Die wêreld daar buite is vol gevare. Maar sy beste maatjie is weg en hy moet haar gaan soek. As hy net ’n bietjie dapper kan wees . . . Net ’n bietjie dapper is ’n inspirerende storie wat wys dat ons almal veel dapperder is as wat ons dink.
Net aliens eet spinasie (2022)
R 175.00
'n Alien land in 'n swembad, kinders verdwyn in 'n biblioteek, 'n monsterhond word 'n woefie-woef en 'n vampier-jagter-ouma bestorm 'n skool met 'n knoffel-bazooka . . . Maar dis nog lank nie al nie! Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as 'n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illust...
Net die Oortjies van die Seekoei
R 200.00
As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker ’n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone. Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê...
Net nie 'n hond nie
R 160.00
Wim se verjaardag is om die draai … en hy weet presies wat hy wil hê! ’n Hond! Maar ongelukkig het sy ma en pa ander planne. Hulle reken ’n hond raas te veel, hulle mors te veel en hulle is te veel werk. So, wat gaan Wim vir sy verjaardag vra? ’n Elektriese kitaar? ’n Troetel-luislang? ’n Motorfiets? Of het hy dalk ’n ander slim plan om sy ma en...
Nicole & Appelliefie Die Heel Beste Geskenk
R 100.00
Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik. Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop.Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe. Hulle bure help om die gansie...
Nicole & Appelliefie Die Nuwe Maat
R 100.00
Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbes...
Nina en die crazy klere
R 210.00
"Geen speurdramas nie, hoor!" waarsku haar ma toe sy vir Nina en haar beste vriendin, Jessie by die Eksotiese Eksperimente Ekspo aflaai. Speurdramas? Wat kan dan nou verkeerd gaan by 'n ekspo waar daar hope opwindende nuwe wetensakplike uitvindings gaan wees? Boonop is hierdie ekspo die perfekte plek om meer te probeer uitvind oor Nina se swart-...
Nina-omnibus: Die awesome speurklub
R 290.00
Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die...
Noag en die baie groot boot
R 35.00
Dit is nie altyd maklik om gehoorsaam te wees aan God nie – veral nie as jy die enigste een is wat doen wat God vra nie. Noag en die baie groot boot vertel vir kinders tussen 3 en 6 jaar wat gebeur het toe God vir Noag gesê het om ’n baie groot boot te bou. Kinders sal leer hoe God sy mense gered het en dat Hy altyd sy beloftes hou. Noag en die ...
Noag se ark (6-in-1 Legkaartbybel)
R 170.00
Die 6-in-1 Legkaartbybel bied die unieke geleentheid om kinders stukkie vir stukkie, legkaart vir legkaart aan die bekende storie van Noag se ark bekend te stel. Saam vorm die ses legkaarte ’n groter prentjie wat die volle storie uitbeeld. Sien aan die einde die hele, wonderlike storie met een oogopslag! Sodoende het kinders die geleentheid om d...
Noag se Ark: Soek, vind, Ontdek
R 100.00
Met Noag se ark – Soek, vind, ontdek word klein kindertjies op ’n lekker speelse manier bekendgestel aan die wonderlike verhaal van Noag se ark. Terwyl die ouer voorlees, kan die kind begin soek aan die voorwerpe in die illustrasie op die blad langsaan. Die boek se eenvoudige teks en baie oulike ouderdomsgepaste illustrasies sal die kleingoed ...
Nog 100 Papiervliegtuie
R 160.00
Verfyn jou vliegvaardighede met nóg 100 pragtige papiervliegtuie! Daar is 100 blaaie wat jy kan uitskeur om allerlei opwindende vliegtuigies te vou - van tydmasjiene tot goggas en gekamoefleerde haaie. - Vol pragtige ontwerpe vir papiervliegtuie - om te vou en mee te vlieg.- Gedruk op spesiale uitskeur-bladsye; elke papiervliegtuig is uniek geïl...
Nog 13 Spookstories
R 250.00
Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laa...
Nog Oulike Stories vir KLeintjies Deel 1
R 120.00
Kom ontmoet Thomas se speelgoedmaatjies, geniet ’n verrassingspartytjie, leer ken ’n bang spinnekoppie en deel in Reëndruppeltjie se geluk. Deel oomblikke van pure deernis en samesyn tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis na die land van oulike stories ...
Nog Oulike Stories vir KLeintjies Deel 2
R 120.00
Kom ontmoet Thomas se speelgoedmaatjies, geniet ’n verrassingspartytjie, leer ken ’n bang spinnekoppie en deel in Reëndruppeltjie se geluk. Deel oomblikke van pure deernis en samesyn tydens bedtyd of net wanneer julle lus het. Geniet die reis na die land van oulike stories ...
Nova 2-in-1 Omnibus 2
R 250.00
Vir Lucas en sy vriende sal niks ooit weer dieselfde wees by die Nova-weermagbasis nie. Daar is geheime op Nova - gevaarlike geheime. Alles het begin met vreemde ligte in die naghemel, besoekers uit die buitenste ruimte, Lucas en sy vriende wat ontvoer is deur ruimtewesens - en eksperimente in Nova-eenheid se laboratoriums. Lucas en sy vriende...