Products
Tippie: Vlak R Boek 9 - Tippie doen wiskunde: Ontdek in die Tuin
R 55.00
Leer speel-speel saam met Tippie die olifant en ontdek basiese wiskunde beginsels in elke boekie. Die Tippie doen wiskunde Vlak R-reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippietemas. Konsepte ingesluit in hierdie reeks is, geta...
Tippie: Vlak R Boek 9: Tippie lyk snaaks
R 45.00
Leer my lees met Tippie, Vlak R is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoë frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture.
Tippie: Vlak R Tippie Boekstel VLAK R
R 400.00
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Leer my lees met Tippie, Vlak R is trots Suid Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoë frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avon...
Tippie: Vlak R Tippie doen Wiskunde Boekstel VLAK R
R 550.00
Leer speel-speel saam met Tippie die olifant en ontdek basiese wiskunde beginsels in elke boekie. Die Tippie doen wiskunde Vlak R-reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippietemas. Konsepte ingesluit in hierdie reeks is,...
Towerponie en die reënboogbollie
R 130.00
’n Kleurvolle, fantastiese avontuur! Ontmoet vir Towerponie! Met manjifieke maanhare, ’n glinsterende horing en pikante pienk hoewe, is Towerponie net soos enige ander towerponie. Behalwe vir … haar reënboogbollie! ’n Storie oor vriendskap, aanvaarding en om in jouself te glo ... maak nie saak wat nie. Jong lesers sal mal wees oor hierdie kle...
Towertapyt: 32 Stories van rondom die wereld
R 100.00
In hierdie pragtig geïllustreerde boek het meester-storieverteller Wendy Maartens 33 klassieke stories bymekaargemaak wat al eeue lank in verskillende lande vertel word. Daar is stories uit elke uithoek van die wêreld – van Duitsland tot Denemarke, Italië tot Israel, Egipte tot Groenland.
Trollie vol diere
Trollie vol diere
R 120.00
Inkopies saam met Mamma? Dis vervelig! Maar by die supermark ontdek Philip onverwags ’n fantastiese wonderwêreld ... Want hierdie is nie sommer ’n gewone supermark nie – en met ’n hele trollie vol diere op die inkopielys, het Philip hope pret tussen die rakke! Kinders sal versot wees daarop om nuwe dieremaats te maak in hierdie lawwe, lawaaie...
Tussen die lyne
R 120.00
Kreatiewe skryfwenke van die beste van die beste! Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf? Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ’n bietjie WOEMA? Wel, hier is goeie nuus … Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie! Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverko...
Tyd is 'n B**ksem
R 230.00
’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die hoërskool!
Tyd om te skaats
R 210.00
Hannah is vasgekeer...... Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wereld vanuit sy studeerkamer probe...
Uitverkies
R 150.00
Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde ...
Uitvinders, Planmakers en ander Slimkoppe van SA
R 350.00
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, wat...
Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika
R 390.00
In hierdie boek sal jy lees oor allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.
Vakansiepret 3: Kolwyntjie Kompetisie
R 140.00
’n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai! Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan – en Jana en Alisha oefen sommer reeds ...
Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne
R 150.00
’n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die ...
Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf! Maar dan hoor die twee meis...