Products
Trek aan met Selfvertroue
R 100.00
Staan jy mismoedig voor jou klerekas? Dit hoef nie langer so te wees nie. Met 'n kennersoog en kennersraad kan jy leer om jou klerekas te beplan sodat jy altyd iets het om aan te trek!
Tuis Kos uit die Tuin
R 80.00
Kos uit die tuin is 'n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dis maklik en bekostigbaar, en die lekkerte is dat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant. Ons wys jou hoe om jou lappie grond voor te berei en te bewerk, met plant- en oeswenke. Kos uit die tuin bevat 'n keur van Sonja Jor...
Twee kinders later
R 50.00
Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van o...
Tydlose Eenskotteltreffers
R 120.00
Na die wegholsukses van haar vroeere kookboeke het die skrywer nou saam met haar dogter resepte vir smaaklike eenskottelmaaltye geskep. Hierdie versameling van tydlose en kontemporere resepte sal onmisbaar wees in elke huis en jou inspireer om nuwe idees op die proef te stel om jou spyskaart uit te brei. Die geregte is maklik om gaar te maak en...
Uitgerys
R 140.00
Bak vir die mense wat jy lief het iets heerlik uit die buitengewone resepteboek. Mareli deel haar beste suurdeeggebak-resepte: Daar is resepte vir basiese brode; brood vir ontbyt; bolletjies, rolletjies en stokkies; brood vir braai; platbrode; gevulde brode; soetbrode en brode wat pronk. Selfs vir oorskietbrood het sy wonderlike planne. Sy v...
Uitvinders, Planmakers en ander Slimkoppe van SA
R 350.00
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, wat...
Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika
R 390.00
In hierdie boek sal jy lees oor allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.
Van my kop tot my tone
R 120.00
Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters! Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige...
Vars & Smullekker: Koekies en Koeke
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid smaaklike, eenvoudige resepte vir die heerlikste koekies en koeke. Die skatkis van resepte sal 'n aanwins wees vir enige kombuisbiblioteek.
Vars & Smullekker: Kolwyntjies
R 40.00
Hierdie boek bevat van heerlike basiese tot meer eksotiese kolwyntjieresepte en die interesantste voorstelle om jou meesterstukke te versier. Al die resepte is spesiaal geskep om haalbaar te wees vir beginners, maar bied ook 'n wye verskeidenheid prikkelende idees en geurkombinasies om meer ervare bakkers se horisonne te verbreed.
Vars & Smullekker: Muffins en Skywe
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid heerlike, maklike resepte vir onverbeterlike muffins en skywe wat 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek sal wees.
Vars & Smullekker: Pasta
R 40.00
Hierdie boek bied 'n fantastiese verskeidenheid eenvoudige resepte vir die allerheerlikste pastageregte. Dit is 'n skatkis van resepte wat 'n aanwins sal wees vir enige kombuisbiblioteek!
Vars & Smullekker: Poedings en nageregte
R 40.00
Hierdie boek is propvol maklike, heerlike lekkernye wat die ideale afsluiting vir enige maaltyd is. Die skatkis van resepte sal ongetwyfeld 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek wees!
Vars & Smullekker: Roerbraaigeregte
R 40.00
Hierdie boek bevat n wye verskeidenheid smaaklike, eenvoudige resepte vir die heerlikste roerbraaigeregte. Die skatkis van resepte ssal 'n aanwins wees vir enige kombuisbiblioteek.
Vars & Smullekker: Stowegeregte
R 40.00
Hierdie boek spog met 'n groot verskeidenheid eenvoudige resepte vir geurige, vullende stowegeregte. Die skatkis van resepte sal 'n aanwins wees vir enige kombuisbiblioteek.
Veels Geluk Liewe Maatjie
R 140.00
Veels geluk liewe maatjie 2 sluit 30 gewilde partytjie koeke in wat maklik met botter versiersuiker gemaak word. Die koeke is gerig op die besige ma wat nie genoeg tyd het nie en ook die onervare bakster wat vir die eerste keer 'n verjaarsdagkoek self wil bak.