Products

Ons is Een
R 160.00
Ek en jy lyk dalk verskillend, ons klink verskillend, ons bly op verskillende plekke en ons eet verskillende soorte kos, maar wanneer ek in jou oe kyk, sien ek myself. 'n Warm, vertroostende boek oor die wonder van vriendskap!

Oseaan-maats Syfers
R 200.00
Hierdie boks propvol pret bevat 'n kleurvolle kartonboek en drie stewige legkaarte waarop klein slimkoppies versot sal wees - perfek om handjies en verstandjies besig te hou!

Oupa Zombie
R 220.00
Alex se oupa het grys hare, dra valstande en kyk graag na reis-programme op TV. Maar op ’n dag raak hy skielik mal oor … BREIIINNNSSS! Dit is duidelik dat Oupa besig is om in ’n zombie te verander. As Alex hom van dr. Zuurman en die zombiepolisie wil red, gaan hy ’n paar briljante planne, goeie vriende en hope broccoli nodig hê. En miskien kan ...

Padda Se Groot Avontuur
R 140.00
Padda is moeg daarvoor om net heeldag te sit en kwaak. Hy wil rondreis en die wêreld sien. Maar sal hy ooit weer veilig tuis kom? ’n Opwindende interaktiewe avontuur vir dapper klein reisigers met loergaatjies en ’n uitvou-verrassing aan die einde. Die boek is perfek vir peuters. Dit ontwikkel geletterdheidsvaardighede en ruimtelike woordeskat.

Plaasmaats Teenoor-gesteldes Box Set
R 200.00
Hierdie boks propvol pret bevat 'n kleurvolle kartonboek en drie stewige legkaarte waarop klein slimkoppies versot sal wees - perfek om handjies en verstandjies besig te hou!

Riek & Niek: Alergies vir Skool
R 120.00
Riek en Niek gaan 'n weddenskap aan. Hulle gaan hulle bes probeer om vir juffrou Burp ... e ... juffrou Burk te laat lag! Daar is net een probleem. Die wiskunde-onnie is sonder lagspiere gebore. Haar humorsin is soos die Loch Ness-monster - niemand weet of dit regtig bestaan nie. Niemand het haar nog ooit gehoor lag nie. Sy glimlag nooit eens nie.

Riek & Niek: Roomys op die Planeet Zork
R 120.00
Riek en Niek het ’n plan …’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak. Maar dan steel nare Nanja hulle idee. En boonop vertel sy vir die HELE skool Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak BLÊG! NIEMAND gaan dit koop nie! Kan Riek en Niek aan ’n plan dink om Nanja terug te betaal EN vet pret ...

Riek en Niek: N Draak op n Skaatsplank
R 120.00
Die skool hou ’n talentkompetisie … en die wenner gaan op TV verskyn! Riek en Niek kan nie wag om deel te neem nie. Riek gaan sy HEEL BESTE skaatsplanktoertjies doen. Niek gaan almal laat SKATER van die lag. Maar Nanja gaan ook deelneem – en sy is vasbeslote om te wen. Daarom maak sy ’n NARE PLAN om seker te maak Riek en Niek staan nie ’n kans n...

Riek en Niek: Superslak
R 120.00
Spoetniek is nie ’n gewone slak nie. Hy is GROTER as al die ander slakke in die skool se tuin. En VINNIGER ook. Riek en Niek laat hom resies jaag teen die ander slakke. Hy wen elke keer. Maar nare Nanja hou nie van slakke nie. Daarom kla sy by juffrou Burp … e … juffrou Burk … en kort voor lank is arme Spoetniek se lewe in gevaar! Kan Riek en Ni...

Seeperde
R 160.00
As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy's net 'n perd. 'n Bruin perd met 'n wit vlek tussen die oë. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om ná skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdeplaas langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te lee...

Stink sokkies
R 130.00
Ben het ’n probleem. ’n Stink probleem. Hy het net een paar sokkies vir die skoolkamp ingepak … en dit ruik kort voor lank aaklig! Van die kinders op die kamp begin hom terg. Gelukkig het sy beste maat ’n briljante plan …

Stinky Socks
R 130.00
Sam has a problem. A STINKY problem. He only packed one pair of socks for the school camp … and soon they smell DISGUSTING! Some of the kids at camp start teasing him. Luckily, his best friend has a BRILLIANT plan …

Tekkies
R 225.00
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfon...

The Smartest Giant in Town
R 90.00
George wished he wasn't the scruffiest giant in town. So when he sees a new shop selling giant-sized clothes, he decides it's time for a new look: smart trousers, smart shirt, stripy tie, shiny shoes. Now he's the smartest giant in town . . . until he bumps into some animals who desperately need his help – and his clothes!This edition features t...

Toe ons Oneindig was
R 210.00
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot plan...

Very, Very Funny Book
R 160.00
The kids in Miss Hippo’s classroom are terribly busy this morning! They play and have fun; they draw pictures and sing songs. But Hyena just can’t stop giggling and guffawing. What on earth could be so funny?Find out for yourself in this very, very funny book and have double the fun when you read the...