Kinders: 10 tot 13 Jaar

Regte-egte raaisels: Help verklaar die onverklaarbare!
R 230.00
In Regte-egte raaisels kan jy lees oor die grootste kopkrappers in die geskiedenis. Die raaisels wat ondersoek word, wissel van narige, harige gediertes, vreemde vlieende voorwerpe tomonsters uit die dieptes. Lees die verstommende stories oor die raaisels en kyk dan na elkeen se raaiseldossier met feite oor wat regtig gebeur het. Boonop is da...

Dagboek van 'n Dork 2: Stories van 'n nie-so-gewilde partytjiepop
R 120.00
Nikki begin uiteindelik in haar nuwe skool aanpas. Sy het twee cool vriende en Brandon het haar uiteindelik begin raaksien. Nikki wil saam met Brandon na die skooldans gaan, maar wanneer MacKenzie begin spog dat sy saam met Brandon gaan, besluit Nikki om liewer na haar sussie se partytjie te gaan. Later vind sy uit dat MacKenzie gejok het, en Ni...

Dagboek van 'n Dork 1: Stories van 'n nie-so-fantastiese lewe
R 120.00
Nikki Maxwell is nie gewild nie. Eintlik is sy die teenoorgestelde van gewild. Sy’s ’n absolute dork! Nikki hoop sy kan vriende by die nuwe skool maak en dat haar dorkdae nou verby is. Maar die lewe is nie so eenvoudig nie. Wanneer sy vir die kunskompetisie inskryf, vind sy uit dat die mislikste meisie in die skool ook nou haar grootste kompetis...

My Ruimte Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto's oor die ruimte. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van verskeie aspekte, onder andere planete en sterre. Maak reg vir 'n reis na die ruimte!

Dagboek van 'n dork 5: Stories van 'n nie-so-slim juf. Weetalles
R 120.00
Dagboek van 'n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wêreld gevoel het. 'n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge.Mackenzie wil haar rubriek gebruik om stories oor Brandon te versprei! Nikki besluit om by die koerant te werk om haar dop te hou! Maar later voel dit of SY hulp nodig het. Kan sy byhou en vir M...

Perde-omnibus 1: Sonder Chocolate Charlie en ander gunstelinge
R 270.00
In Sonder Chocolate Charlie moet Nell die ongeluk wat haar geliefde Charlie se lewe geëis het, verwerk. Brigadier en die raaiselponie is die verhaal van susters Zahn en Alex en hulle pa se stram verhouding, met 'n raaisel wat in die Knysna-bos ontrafel word deur Zahn en Brigadier. In City Girl en die swart hings is Nicole teen haar sin saam m...

Stoutste klas op aarde
R 175.00
Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar ...

Stoutste klas op aarde word stouter, Die
R 175.00
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor LEER. Maar Alex en Manjit het LETTERLIK nie bedoel om die toilette te verstop terwyl hulle die skoolgrond moes oppas nie. En hulle het definitief nie bedoel om LETTERLIK 'n pikkewyn vanaf die dieretuin skool toe t...

Dagboek van 'n dork 6: Stories van 'n nie-so-gelukkige hartebreker
R 120.00
Dagboek van 'n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wêreld gevoel het. 'n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge.Brandon vra uiteindelik amper vir Nikki uit! Maar hy begin vreemd optree en sy is bekommerd dat hy nie eintlik van haar hou nie. Die meisies moet boonop die seuns na die skooldans vra! Lees Nikk...

Eerste Liefde Omnibus 2
R 120.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak. In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en ’n makeover is haar enigste hoop. In Soene op’...

Roald Dahl: Charlie en die Groot Glashyser
R 255.00
Charlie en Mnr Willy Wonka van Charlie en die Sjokoladefabriek is terug in nog ’n opwindende avontuur. Laas was hulle in die Glashyser besig om deur die fabriek te sweef. In hierdie storie bevind Mnr Wonka, Charlie en die hele Bucket-gesin hulself in die buitenste ruim! Pragtige nuwe uitgawes van hierdie klassieke kinderboeke om Roald Dahl se 10...

Avonture van Speurhond Willem: Omnibus 2
R 270.00
'n Paar jaar gelede het 'n sending van die beroemde Willem skeefgeloop en het hy in Kaapstad by die DBV beland. Dis waar Adriaan en sy ouers die oulike swart-en-wit spanjoelhondjie raakgeloop het. En nou is Adriaan en Willem onafskeidbaar. Hierdie tweede omnibus bevat nog drie lekkerleesavonture: Hulle reis na die Internasionale Ruimte...

Roald Dahl: Die Groot Sagmoedige Reus (GSR)
R 250.00
Sophie word in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra deur ’n reus met tennisbaan-treë en enorme groot ore. Maar Sophie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ’n tydverdryf elke nag slapsoetige kidderen opgopsel . . .

Roald Dahl: Charlie en die Sjokolade-Fabriek
R 255.00
Charlie Bucket hoor dat die wonderlike sjokoladefabriek se misterieuse eienaar, Willie Wonka, ’n Goue Kaartjie gaan gee wat ’n paar gelukkiges deur die hekke van die fabriek gaan neem. Hy wens met sy hele hart dat hy ’n kaartjie sal wen – en dan gebeur dit! Dit blyk die fabriek is nie net ’n lekkergoed- en sjokoladehemel nie en Charlie word vasg...

Speurder Kwaaikofski Omnibus 4 (Omnibus 3-in-1)
R 230.00
Hierdie omnibus-uitgawe bevat nóg drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. In Die stinkstorie moet hy uitvind waarom Olga se koerante verdwyn. In Soene en sirkusse roep een van die beroemde Sirkus Zampona se jongleurssy hulp in. En in Muise en gespuise lei sy nuutste saak hom op ’n geheimsinnige dwaalspoor tot d...

Stoutste klas op aarde daag jou uit!
R 195.00
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of PRET hê nie. Dit gaan oor LEER en dis hoogtyd dat 4B dáárin probeer UITBLINK. Maar Stanley en Manjit laat hulle nie onderkry nie. Hulle het 'n PERFEKTE PLAN om LUISE te vang en die grootste UITDAGING ooit te aanvaar! Maar dit kan dalk G...