Kinders: 10 tot 13 Jaar
Speurder Kwaaikofski (Omnibus 3-in-1) nr 1
R 230.00
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy ...
Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 180.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...
Haas Das se Nuuskas: Episode 6
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragti...
Leeus met letsels
R 232.00
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Dan besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, op ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie. Hy kom agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese ...
Avonture van Anna Atoom
R 325.00
Anna Atoom woon op 'n eiland in die Indiese Oseaan saam met haar ouers; wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Anna se avonture begin met die ontdekking van 'n seerowerswaard en die skip, die Chivonne. Sy het skaars hierdie raaisel opgelos, of haar pa se agterbakse kollega, Uranus Draak, stel sy...
Haas Das se Nuuskas: Episode 3
R 195.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oel...
Grotbaba (Julia Donaldson)
R 205.00
Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal d...
Pienk is nie vir Sissies nie
R 225.00
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inme...
Skool is 'n Riller
R 205.00
Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar-onderwysers en vreemde wesens... skoolgaan is beslis nie vir bangbroeke nie. En wie sal tog omgee oor kwaai onnies en huiswerk as hulle nog met toordokters, spoke en reusagtige spinnekoppe ook moet rekening hou? Hierdie 20 grillekker stories sal jou nekhare laat regop staan en ...
Praktiese geologie: Raak handig met klippe en minerale!
R 175.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...
Raaiselsee
R 225.00
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in d...
Skool vir talente: Tweede Periode
R 210.00
In die tweede boek in die reeks hou die kosskool hou 'n filmkompetisie en almal gebruik hulle talente om die wonderlikste tonele te skiet. Alva en haar vriende wil baie graag wen, maar vreemde kragonderbrekings plaas die groot premieraand in gevaar. Kan die vriendegroep betyds uitvind wie verantwoordelik is? En sal die geheimsinnige kennisgewin...
Lewe volgens Wim Vermaak
R 185.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...
Nina en die crazy klere
R 210.00
"Geen speurdramas nie, hoor!" waarsku haar ma toe sy vir Nina en haar beste vriendin, Jessie by die Eksotiese Eksperimente Ekspo aflaai. Speurdramas? Wat kan dan nou verkeerd gaan by 'n ekspo waar daar hope opwindende nuwe wetensakplike uitvindings gaan wees? Boonop is hierdie ekspo die perfekte plek om meer te probeer uitvind oor Nina se swart-...
Maya se Musketier
R 230.00
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie - en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en...
Goorste week ooit: Woensdag
R 200.00
Have you ever had a bad week? Justin Chase sure has, and THIS is it! MONDAY was messy, TUESDAY was an embarrassment, but now it’s . . . WEDNESDAY!His cat is still mysteriously missing. He’s an unintentional internet sensation. And right now sharks are circling as he’s stranded in a heart-stopping, skin-crawling, jaw-dropping, seriously shocking ...