- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Toe ons Oneindig was
Toe ons Oneindig was
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.
Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.
Related Products
Sanri Steyn Omnibus 2
Sanri Steyn Omnibus 2
R 210.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampi...
Krygsperd
Krygsperd
R 170.00
Krygsperd (War Horse in die oorspronklike Engels) vertel die aangrypende verhaal van die dapper Joey, 'n perd wat in 1914 verkoop word en kort daarna as oorlogsperd in die middel van die choas en ontbering van die Eerste Wereldoorlog beland. Die boek het aanleiding gegee tot Steven Spielberg se gewilde gelyknamige rolprent, wat in 2011 op die g...
Kas vol monsters
Kas vol monsters
R 220.00
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke!Die Groen HandDaar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe...
Dagboek van 'n Wimpy kid 11: Kluitjies Bak
R 180.00
Die druklaaiop teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpaken sy “kreatiewesy” verken. En as of dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai. Sy lewe is ’n riller! Dan ontdekhy’n pakkie suurwurms, en ditgee hom’n plan. Kan Greg sy ma paaimet sy e...
Saartjie Omnibus 6
Saartjie Omnibus 6
R 199.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe, se avonture voortgesit. In Saartjie se dagboek het Saartjie ekstra geld nodig en besluit sy en haar vriendinne om hulle eie tydskrif te begin. Haar boetie, Apie, sk...
My eerste boek oor perde en ponies: Alles wat jy wil weet
R 180.00
Alles wat kinders oor perde en ponies wil weet! Ontdek die wêreld van perde en ponies in hierdie gids propvol feite. Vind meer uit oor perde se gedrag, en ontdek hope nuttige wenke oor hoe om jou ponie te versorg. Ontmoet meer as 20 rasse, van Arabiere tot Shetlandponies. Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van perde hou, of jy nou reed...
Elf dae in Parys
Elf dae in Parys
R 215.00
'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar 16de verjaardag wou he! Sy word egter gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir Emma oopsluit. Soos dat die sleutels tot Parys as middelpunt vir musiek, argitektuur en letterkunde d...
Nova 2-in-1 Omnibus 2
Nova 2-in-1 Omnibus 2
R 250.00
Vir Lucas en sy vriende sal niks ooit weer dieselfde wees by die Nova-weermagbasis nie. Daar is geheime op Nova - gevaarlike geheime. Alles het begin met vreemde ligte in die naghemel, besoekers uit die buitenste ruimte, Lucas en sy vriende wat ontvoer is deur ruimtewesens - en eksperimente in Nova-eenheid se laboratoriums. Lucas en sy vriende...
Volmaan: Omnibus
Volmaan: Omnibus
R 220.00
’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander. ’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. ’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander. ’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg. En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maa...
Grilgrypers 1: Vloek van Vreesbaai
Grilgrypers 1: Vloek van Vreesbaai
R 170.00
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim me...
Uile (12) in Mosambiek
Uile (12) in Mosambiek
R 150.00
Wit strande, tropiese visse, vakansie … en gevaar! Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is ’n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal ’n noue ontkoming met ’n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op ’n geheimsinnige kaart...
Uile (11) Vyf Uile en 'n Tier
Uile (11) Vyf Uile en 'n Tier
R 150.00
Diefstal, spoke, skobbejakke … en ’n tier! Op Kranskop is daar nie ’n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en sy vriende – die Uile – word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit...