- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Protea
Kinders: 10 tot 13 Jaar
Uile (11) Vyf Uile en 'n Tier
R 180.00
Diefstal, spoke, skobbejakke … en ’n tier! Op Kranskop is daar nie ’n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en sy vriende – die Uile – word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie en besluit...
Uile (12) in Mosambiek
R 180.00
Wit strande, tropiese visse, vakansie … en gevaar! Gevaar en avontuur volg die vyf Uile net waar hulle gaan. Vir hierdie vriende is ’n tropiese vakansie in asemrowende Mosambiek gou veel meer as pret en plesier. Sal ’n noue ontkoming met ’n haai die einde van die drama wees? Of is dit net die begin? Dalk lê die antwoord op ’n geheimsinnige kaart...
Uile (3): Breuk onder die Uile
R 180.00
Die Uile is nie meer vyf nie maar vier … Toe Berrie du Toit vriende maak met Ernest Fouché, gebeur die onverwagse: Berrie breek weg van die eens hegte groep Kranskopse vriende wat hulleself die Uile noem. Hoekom is Berrie nou vriende met Ernest wat die skoolreëls oortree en so ’n bullebak is teenoor Jorsie Neethling, die kleinste Uil? Kan daar t...
Uile (4) in die Wildtuin
R 150.00
’n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in … Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansie-avonture wag vir hulle op ’n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, ’n luiperd uit ’n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe bes...
Uile (8) by die See
R 180.00
Hoe goed kan die vyf Uile swem? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ’n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie,...
Uile (9) in die Wapad
R 180.00
Sal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom? Die vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as ’n fietstoer deur Mpumalanga nie. Natuurlik is dié avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Die asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op ’n smal bruggie ter...
Uile (5) in die Kalahari
R 180.00
Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar dié opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voo...
Vos en Haas
R 150.00
Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie! Vos en Haas is ’n boek wat saam met die kind se leesvermoë “groei”. Maar dit is ook ’n boek om weer en weer te lees. Die warmte en humor van die stori...
Boomhuis Met 91 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se boomhuis brei net verder uit!
Waar's Willie nou?
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!
David Walliams: Die Middernag Bende
R 265.00
Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling…
David Walliams: Kodenaam Piesangs
R 295.00
Die elfjarige Eric bring die meeste van sy dae deur in die plek wat hom die gelukkigste maak: die Londense dieretuin. En daar is een dier vir wie hy ontsaglik lief is: Gertrude die gorilla.