- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
- Tekkies
Tekkies
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul pa se sportdrome uitleef.
Zander se belangstellings beïndruk sy ouers nie veel nie. Hy hou van rekenaarspeletjies, lees en draf. Vir hom is draf ’n bietjie soos lees. Wanneer hy sy tekkies vasmaak en sy oorfone in sy ore druk, verdwyn die wêreld rondom hom. Totdat een van die mooiste meisies in die skool hom op ’n dag sien hardloop … Roxy is vasbeslote om Zander sover te kry om landloop te hardloop, en in die proses word sy lewe op sy kop gekeer – in meer as een opsig.
Zander se beste vriend verstaan nie sy nuwe obessie met hardloop nie en wil net oor die Cyber Clash-rekenaarspeletjiekompetisie praat. Daarby is Zander se gevoelens vir Roxy ook definitief nie platonies nie, en asof dit nie genoeg is nie, is sy eerste landloopkompetisie op dieselfde dag as sy broer se debuutwedstryd vir die eerste rugbyspan. Zander sal moet kies: Gaan hy sy broer in die steek laat, of vir Roxy?
Tekkies is ’n grafiese roman met teks deur die topverkoper-skrywer Jaco Jacobs, en illustrasies vir die slimfoon-generasie deur Alistair Ackermann.
Related Products
Zackie Mostert: Omnibus 2
Zackie Mostert: Omnibus 2
R 230.00
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies ba...
Zackie Mostert: Omnibus 3
Zackie Mostert: Omnibus 3
R 230.00
Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of ...
Plons
Plons
R 130.00
Henry kan sy geluk nie glo toe ’n vreemde meisie op ’n dag hul deurklokkie lui nie. Sy is baie mooi – met lang vlegsels, oulike sproete en blou oë. Maar dan vind Henry uit Mila het ’n geheim. Sy is ’n meermin. ’n Heerlik humoristiese storie vir lesers van 8 - 10 jaar oud.
Aksieheld Austin - Onheil op Skedelbaai
R 180.00
Ligte, kamera, aksie! Ewald het nie ‘n bang haar op sy kop nie – veral omdat hy deesdae die ster van die supergewilde Aksieheld Austin-rolprente is! Die derdie fliek, Onheil op skedelbaai, word op ‘n geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in ‘n ongeluk, iemand probeer Ewald met ‘n mes stee...
Grappe van A - Z
Grappe van A - Z
R 210.00
Wat is rooi, stroopsoet en gevaarlik? Aarbei-en-skerpioenkonfyt. Hoekom ry die ryk blondine 'n BMW? Dit is al wat sy kan spel. Hoekom het gorillas groot neusgate? Want hulle vingers is so groot. 'n Bielie van 'n lekker lawwe lagboek met grappies van A tot Z en supersnaakse SMS'e.
Kammaland
Kammaland
R 200.00
Kammaland is ’n pragtige kinderboek met stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochne. Dit is lekkerleesstories vir voorlees en selflees deur kinders in Graad 3 en hoer. Hierdie verhale kom oorspronklik uit ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland.
Monster Grappe
Monster Grappe
R 180.00
Wat kry jy tussen Godzilla se tone? Na watter sepie kyk spoke graag? Wat maak: "Ha-Ha-DOEF!"? Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!
My Ouma is 'n Rock-ster
My Ouma is 'n Rock-ster
R 180.00
Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep OUMA! Sy is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare grasgroen gekleur en rits in ‘n bloedrooi sportmotor rond! Maar om die kleinseun te wees van die beroemde ouma in die land, kan partykeer gevaarlik wees…
Zackie Mostert: Omnibus 1
Zackie Mostert: Omnibus 1
R 230.00
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’...
Haas Das se Nuuskas: Episode 5
Haas Das se Nuuskas: Episode 5
R 195.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending vind die opwindende stoeigeveg tussen die Gemaskerde Wonder en Kongo Kangaroe plaas, maar die diere moet ook vlug vir 'n gevaarlike veldbrand in Diereland. Die gewilde Haas Das-...
My Aksie-Storiebybel
My Aksie-Storiebybel
R 160.00
My Aksie-storiebybel nooi gesinne met jong kinders om saam die storie van God se verlossing te ontdek. Hierdie boek vertel die wonderlike verhaal van die skepping, die magtige konings wat oor Israel geheers het, God se wonderlike geskenk van die ewige lewe deur Jesus, en meer! God se liefde vir die wereld is duidelik op elke bladsy. Ontdek jou g...
Geheime prinsesse: Popprinses
Geheime prinsesse: Popprinses
R 135.00
Lara en Anke het ’n spesiale geheim – hulle leer om Geheime Prinsesse te wees, towerprinsesse wat wense kan waar maak. Met hul wenshangertjies reis hulle na die Towerpaleis waar die Geheime Prinsesse bymekaarkom. Maar die aaklige prinses Martelle is vasbeslote om hul wenskrag vir haarself te vat en die Towerpaleis te vernietig! Hierdie keer moet...