- Home
- Kinders: Nie-fiksie
- Lapa
Kinders: Nie-fiksie
Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika
R 370.00
In hierdie boek sal jy lees oor allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.
Weet hoe met wetenskap
R 330.00
Verdiep jou in die opwindende wêreld van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, wat in 25 lekker maklike projekte gekombineer is.
Beste Raaiselboek, Die
R 150.00
Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan! In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syfer-speletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!
Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas
R 230.00
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopo...
Vind Uit! Ingenieurswese
R 190.00
Wat wil jy graag uitvind? Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling-niefiksietemas te word, van wetenskap en haaie tot robotte, kodering en die heel nuutste tegnologie. Elke boek bevat asemrowende foto's, fantastiese vasvrae en hope prettige, relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret ni...
Slym Boek
R 170.00
Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym! Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en l...
Doel!
R 260.00
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie!’n Fees van sokker feite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokker kenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokke...
Loop Lag-Lag deur die Wetenskapklas
R 150.00
27 Getoorde resepte wat jou gaan laat lag terwyl jy leer! Verveel jou gewone skoolhandboeke jou? Maar is jy nuuskierig en wonder jy hoe die wêreld rondom jou werk? Dan is hierdie die boek vir jou! Len, Lara en Leon is die nuuskierigste kinders op aarde. Hulle vra gedurig vrae en wonder hoekom dinge werk soos dit werk. Hulle doen eksperimente en ...
Doendinge vir elke dag van die jaar (Fanie Viljoen)
R 140.00
Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie! Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê...
Mensgemaakte Wonders van Afrika
Mensgemaakte Wonders van Afrika
R 100.00
In hierdie boek van Dawid van Lill val die kollig op die meer as 1 miljard mense wat in Afrika tuis is, en op alles wat hulle gedoen het om hul onuitwisbare stempel op dié vasteland af te druk. • ’n Oorsig oor die verskillende aspekte van die lewe in Afrika • van die uitgestrekte stede tot die duisende aanbiddingsplekke • ingenieurswonders soos ...
My maats kom kuier!
R 190.00
Hou die beste oorslaappartytjies ooit! Net een ding is lekkerder as ’n uitslaapaand, en dit is om een te beplan. Met alles van speletjies en vasvrae tot bederf-idees en middernagfeeste sal jou idees nooit opraak met My maats kom kuier! nie. My maats kom kuier! is propvol aktiwiteite, temas en dinge om te maak wat jou maats vir dae aan die praa...
Hoe Supercool Goed Werk
R 285.00
Sal ons in die toekoms met vlieënde motors ry? Hoe werk ’n 3D-drukker? Kan mense regtig eendag op Mars gaan woon? Hoe lyk dit binne-in ’n PlayStation 4? Ontdek die verstommende tegnologiese uitvindings van die toekoms in hierdie asemrowende boek. Hoe supercool goed werk is ’n splinternuwe gids wat ongelooflike nuwe tegnologie verken, en kyk na ...
Vertel Vir My 'n Grappie
R 65.00
Skreeusnaakse grappe wat jy vir al jou maats moet vertel!Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats - dit sal ure se lagpret verseker! Kinders sal dol wees op hierdie grappieboek wat grappe oor allerlei onderwerpe het!• Hoekom het Jan van Riebeeck sy radio in die yskas gesit?Om cool musiek te luister.• Hoekom...
Webslim: Hoe om aanlyn veilig te Bly
R 170.00
Word www.webslim.co.za. Kom ontdek die wonders van die internet saam met Anzil en Chris, en leer hoe om veilig te wees terwyl jy die web verken. Of jy nou veilig wil bly op sosiale media, jou slimfoon of e-pos wil gebruik sonder om nare verrassings af te laai, of deur kuberboelies lastig geval word, hierdie boek is ’n briljante gids vir jou lewe...
Rugby
R 170.00
Hierdie volledige eenstopgids vir rugby is volgepak met alles wat jy moet weet: van die Sesnasies- tot die Rugbywêreldbeker-toernooi. Die boek is propvol warm wenke, prettige feite en beroemde gesigte. Rugby is ’n moet-hê gids vir enige jong rugbyondersteuner en is die perfekte strydgenoot vir die opkomende Wêreldbeker.
Vind Uit! Kodering
R 190.00
Wat wil jy graag uitvind? Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling-niefiksietemas te word, van wetenskap en haaie tot robotte, kodering en die heel nuutste tegnologie. Elke boek bevat asemrowende foto's, fantastiese vasvrae en hope prettige, relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret ni...