- Home
- Kinders: Nie-fiksie
- Knolle, Bolle en Tuinkaperjolle
Knolle, Bolle en Tuinkaperjolle
Kinders van ses tot nege jaar oud is die teikengroep vir dié eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine. Hulle sal leer hoe om ’n tuin uit te lê, die soorte grond en hoe om grond voor te berei, plant en saai, snoei en oes van hulle eie gesonde groente, slaai en kruie. Daar is ook handwerkprojekte wat met tuinmaak verband hou en maklike resepte.
Die boek is in twee dele: die eerste oor grondvoorbereiding, saai en omsien na die plante terwyl hulle groei; herwinning, die seisone, insekte en voëls en natuurlike siklusse. Die tweede deel sal kinders inspireer om hulle groente-oes te geniet. Elke groente word op ’n dubbelblad gewys, met inligting, foto’s, illustrasies en maklike resepte daarby.
Kinders sal trots wees op groente wat hulle self geplant en versorg het, en hulle gaan sommer ook lus wees om minder bekende groentes te probeer as hulle betrokke was by die plant en oes daarvan! Dis ook ’n wonderlike manier om kinders van die rusbank af tot in die tuin te lok, en ’n heerlike aktiwiteit vir gesinne om saam te doen.
Related Products
Jesus Liedjies (met CD)

Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...
My Dinosourus-Atlas

My Dinosourus-Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor dinosourusse. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van die verskeie tydperke waarin dinosourusse gelewe het, asook die verskillende dinosourusse wat in hierdie tydperke vo...
101 Spook Grappe

101 Spook Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...
101 Pouse Grappe

101 Pouse Grappe
R 65.00
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n ...
Vrolike liedjies volume 2 (met CD)

Vrolike liedjies volume 2 (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiekVrolike liedjies Volume 1 het soos soetkoek verkoop. Daarom is Vrolike Liedjies Volume 2 nou beskikbaar met nog ou bekendes soos Die blink vosperd, Dis heerlike lente, Solank as die rietjie Die genot wat hierdie tradisionele liedjies gee, is nie beperk tot 'n spesiale geleentheid nie. Sing hulle by die huis, op pad êr...
101 Gogga Grappe

101 Gogga Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...
Soek-Soek Inkleurboek: Voertuie

Soek-Soek Inkleurboek: Voertuie
R 80.00
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van voertuie. Van lugballonne met sterre op tot stoomlokomotiewe, en selfs ruimteskepe wat vinniger...
Noag se Ark: Soek, vind, Ontdek

Noag se Ark: Soek, vind, Ontdek
R 100.00
Met Noag se ark – Soek, vind, ontdek word klein kindertjies op ’n lekker speelse manier bekendgestel aan die wonderlike verhaal van Noag se ark. Terwyl die ouer voorlees, kan die kind begin soek aan die voorwerpe in die illustrasie op die blad langsaan. Die boek se eenvoudige teks en baie oulike ouderdomsgepaste illustrasies sal die kleingoed ...

Eisteddfod-Pret 2: Nog Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool
R 280.00
Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters ...

Hoe dinge werk: Biologie-eksperimente in jou agterplaas
R 155.00
Met die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier wat hop, kweek bakterieë, keer dat ’n gesnyde appel bruin word, blaas ’n ballon op met gis . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel...
Helde van Suid-Afrika 3

Helde van Suid-Afrika 3
R 125.00
Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoc...
101 Diere Grappe

101 Diere Grappe
R 65.00
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n ...