Kinders
Ek kan nou Lees: Plaasstories
R 70.00 R 90.00
Hierdie pragtige boek met plaasstories daarin, moedig die jong leser aan om te lees. Die grootdruk vergemaklik die leesproses en die stories brei die kind se woordeskat uit. "
Hoezit: Die Wonderwêreld van Natuurrampe
R 50.00 R 80.00
Wat veroorsaak 'n tsunami? Hoe vinnig waai die wind binne-in 'n tornado? Wat gebeur binne-in 'n vulkaan? Waar kom die meeste aardbewings op aarde voor? Ontdek die verwoestende krag van die natuur met hierdie boek propvol asemrowende feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en k...
Reënboogrant Maats Omnibus 2
R 250.00
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwinden...
Meisie op die Dak, Die
R 230.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf! Maar dan hoor die twee meis...
Kieme: Boosaardige Bakterieë, Woeste Virusse en Vieslike Fungusse
R 85.00 R 150.00
Hulle is piepklein … grillerig … en fantasties! Ontmoet die bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wêreld aan die gang hou. Wat het ’n gloeiende seekat, ’n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wêre...
Drie vriende
R 70.00 R 120.00
In ’n huisie by die see woon ’n kat, ’n hond en ’n muis gelukkig saam. Op ’n dag klop ’n vreemdeling aan die deur en bied aan elkeen ’n spesiale geskenk. Wie is hierdie misterieuse verkoopsman wat hulle wêreld op sy kop keer? Kan hulle gelukkige huisie hierdie storm oorleef?
Al Staan jy op jou Kop
R 140.00 R 180.00
Het jy al ’n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ’n mes en vurk eet? Kom baljaar saam in dié prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nêrens ’n lawwer rympieboek as dié een kry nie – al staan jy op jou kop! Die versameling bevat...
Krok en Dil
R 100.00 R 150.00
Ontmoet vir Krok en Dil. Dil hou van grappies vertel ... maar hy hou nie van pizza met pynappel nie. Krok hou van kosmaak ... maar hy hou nie daarvan as iemand vir hom lag nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats ... en hulle sal jou laat skater van die lag! Die boek bevat drie skreeusnaakse strokies wat perfek i...
Kan ek vir my 'n troeteldier kry? (Dr. Seuss)
R 160.00 R 185.00
Kay en haar boetie gaan troeteldierwinkel toe. Hul pappa het gesê hul mag net één troeteldier kies om huis toe te neem. Maar watter een moet hul kies? ’n Hondjie, of katjie, of dalk ’n vis of ’n voël? In hierdie pragtige rymverse wys Dr. Seuss hoe moeilik dit soms kan wees om troeteldierwinkel toe te gaan en slegs één diertjie te kies! ...
Bennie Boekwurm se besige pretboek
R 130.00
Kom speel en leer saam met Bennie Boekwurm en sy maats in hierdie aktiwiteitboek - met 30 lekker legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die oulike inwoners van die Wielie Walie-parkie is dit groot pret om kin...
Grilgrypers 3: Kamp vir monsters
R 200.00 R 215.00
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. E...