Kinders
My eie Doop Bybeltjie
R 160.00
'n Pragtige geskenk om enige kleinding se doop te vier. My eie doop-Bybeltjie is ’n pragtige volkleur-boekie met 60 klassieke Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, asook gebede. Plek vir ’n familiestamboom en besonderhede oor mylpale wat ’n kleinding in die eerste lewensjaar bereik, maak dit ’n ekstra spesiale geskenk. My eie doo...
Die Klassieke Kinderbybel-Storieboek (Hardeband)
R 300.00
Die klassieke Kinderbybel-storieboek is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet. Johan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories sa...
Mini Oordenkings vir Kinders
R 60.00
In ’n wêreld vol boelies en vergelyking op sosiale media, is dit vandag baie belangrik dat kinders besef hoe kosbaar hulle vir God is – net soos hulle is. Die 180 kort dagstukke in Mini-oordenkings vir kinders is geskryf asof God self met die kind praat. Elke dagstuk bevat ’n kernvers, ’n bemoedigende boodskap van God en ’n geb...
Eenminuut-oordenkings vir Kinders
R 80.00
Om wyse besluite te neem en te weet wat die beste manier is om uitdagings by die huis, by die skool of op die sportveld aan te pak, kan vir kinders moeilik wees. Die daaglikse oordenkings in Eenminuut-oordenkings vir kinders sal hulle help om leiding uit God se Woord te kry. Deur net ’n paar minute elke dag saam met God deur te bring,...
My Groot Bybelstorie Knip en Plak Boek
R 150.00
Wil jy bekende Bybelstories op ’n nuwe, kraakvars manier met jou kleingoed deel? My groot Bybelstorie knip-en-plak-boek bied die antwoord! Kinders tussen 5 en 8 jaar sal vir ure besig bly deur die 48 projekte self te maak met alledaagse materiaal soos eierboksies, papierborde, strooitjies, plastiekhouertjies, papier en karton. Die krea...
Pret met Syfers
R 50.00
Slyp jou 5- tot 8-jarige se syfervaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met syfers kombineer Wendy Maartens 40 stories met aktiwiteite om kinders se syfervaardigheid te slyp. Deur die stories ontdek hulle die wêreld van getalle in die Bybel – van belangrike feite soos dat ons net 1 God het, minder bekende s...
Pret met Letters
R 50.00
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories! In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite so...