Latest Arrivals
Kaptein Onderbroek #2: Kaptein Onderbroek en die geveg teen die tandetoilette
R 215.00
George en Harold is gewoonlik verantwoordelike kinders – wanneer daar amok is, is George en Harold gewoonlik daarvoor verantwoordelik! Hierdie keer boemerang hulle jongste poets en hulle skep per ongeluk ’n hele weermag tandetoilette. Gelukkig ken hulle ’n superheld wie se onderbroekrek ’n gevaarlike wapen is. Dit lyk na nóg ’n opdrag vir Ka...
Prinses Minna: Die eenhoring-gedoente
R 205.00
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy ’n vreeslike verwarring opklaar? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Saak van lewe of dood
R 195.00
Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet ...
Katastrofe
R 160.00
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in ...
Raaiselklip
R 225.00
Gabriel skrik wakker in 'n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam? Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie - en in die begraafplaas is 'n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy ...
Adulting 101: How to survive the real world
R 280.00
Sometimes it is hard to be an adult. Yes, you can go to bed as late as you want, but you have to make decisions all the time. You have bills to pay and taxes to do. It’s enough to make you want to scream – WHY DID NOBODY TELL ME IT WOULD BE LIKE THIS? Adulting 101 will help you navigate the tricky terrain of adulthood. Jen Thorpe guides you thr...
Hasie van fluweel
R 275.00
Die geheimenisse van die kinderkamer is vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is soos die hobbelperd, verstaan alles daarvan. Wanneer die fluweelhasie in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Rêrigw...
Floreer
R 60.00 R 265.00
Wat is die “iets” wat ’n mens laat opstaan as dit voel of die lewe jou asem uitgeslaan het? Veerkragtigheid nie iets uitsonderlik is wat net sommige mense het nie, ons almal het dit en kan dit oefen en uitbou. Ilse Salzwedel bespreek wat die eienskappe van veerkragtige mense is, en hoe ons meer veerkragtig kan word. Aan die hand van haar eie...
Eerste Sprokies: Aspoestertjie
R 125.00
Lank gelede was daar 'n pragtige meisie. Sy het in 'n huis saam met haar stiefma en haar twee stiefsusters gebly. Sy moes die huis skoonmaak, en hulle het haar Aspoestertjie genoem. Die prins van hulle land het 'n groot partytjie gehou. Hy wou trou en het al die jong meisies na die dans genooi. “Ai, ek wens ek kan ook na die dans toe gaan,...
Absoluut Einstein
R 235.00
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met Matriek-IT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom b...
Eerste Sprokies: Raponsie
R 125.00
Lank gelede was daar 'n man en sy vrou wat baie graag 'n kind wou hê. Ná 5 jaar het sy nog steeds nie 'n baba gehad nie en sy was siek van hartseer. Om haar te troos het haar man vir haar 'n heerlike slaai gemaak. Daarvoor het hy raponsieblare in hulle buurvrou se tuin gaan pluk. Maar toe vra 'n kwaai stem: "Hoekom steel jy my raponsies...
Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek, Die
R 360.00
Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word. Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, app...
Mooiste sprokies van Grimm
R 445.00
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen. Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, ...
Wie skrik vir Wortel Wolf?
R 180.00
Three well-known fairytales have been turned on their head in this beginner reader. We meet Wortel Wolf, the main character in The three little pigs, Red Riding Hood and The boy who cried Wolf. Three little pigs move in and Wortel decides the neigbourly thing to do is to introduce himself. He meets a distraught Red Riding Hood in the forest and...
Loer binne: Wilde diere
R 220.00
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!
Hondman 3: Katkenades
R 275.00
Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per o...