Latest Arrivals

Mooiste sprokies van Grimm
R 445.00
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen. Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, ...

Wie skrik vir Wortel Wolf?
R 180.00
Three well-known fairytales have been turned on their head in this beginner reader. We meet Wortel Wolf, the main character in The three little pigs, Red Riding Hood and The boy who cried Wolf. Three little pigs move in and Wortel decides the neigbourly thing to do is to introduce himself. He meets a distraught Red Riding Hood in the forest and...

Loer binne: Wilde diere
R 220.00
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!

Hondman 3: Katkenades
R 275.00
Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per o...

Storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het
R 170.00
Op ’n helder, sonnige môre tref ’n katastrofe die molletjie. Iets wat soos ’n wors lyk, val reg bo-op sy kop! Hoogs ontstoke ondervra hy dier na dier om uit te vind wie op sy kop gedinges het. Die molletjie se soektog is ’n prettige en tegelyk informatiewe ontdekking van ’n soms afgeskeepte maar baie belangrike en natuurlike aspek van die d...

Hondman 4: Hondman en Kleinkat
R 275.00
Hondman is terug en hierdie keer is hy nie alleen nie. Die hond met 'n regte neus vir geregtigheid het nou 'n helper, Kleinkat, en saam het hulle 'n raaiselagtige dilemma om op te los! Wanneer 'n nuwe katsitter opdaag en 'n glansryke rolprentster verdwyn, hang dit van Hondman en Kleinkat af om die dag te red. Sal hierdie helde warm op...

Kinkels en keuses 1: Die holderstebolder hondepartytjie
R 165.00
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as ...

Leeus met letsels
R 232.00
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Dan besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, op ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie. Hy kom agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese ...

South African Vegan Cookbook
R 405.00
The South African Vegan Cookbook vier die wonderlike voedingswaarde, verbeterde gesondheid en verhoogde energie wat 'n plantgebaseerde lewe bied. Met hierdie kookboek is dit duidelik: enigeen kan plantgebaseerde geregte deel van hul lewe maak. Met 80 prettige geregte vir die hele familie, resepte vir plaaslike gunstelinge asook ...

Raaiselsee
R 225.00
Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in d...

Lewe volgens Wim Vermaak
R 185.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...

Jakkals en Wolf (sagteband)
R 340.00
Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy ...

Op die rug van 'n tier
R 200.00
Van daar teen die muur staar die tier se juweelgroen oë na Tom. Sy snorbaarde wikkel. Sy stert swaai. Tom hou asem op. Die tier gee een tree vorentoe. En nog een.... Tom teken 'n tier na sy besoek aan die kunsgalery en so begin 'n asemrowende avontuur saam met die einste tier....

Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2, Die
R 370.00
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die ...