- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks

Dit Proe soos Huis
R 460.00
In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy weef haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories ineen. Dit is resepte van onthou dié – ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was. Kos is liefde en in die kombuis klop die hart van die huis.

Divan se Avonture
R 80.00
Divan is 'n lewenslustige, agtjarige seuntjie wat aan serebrale verlamming ly. Hy is baie opgewonde oor sy heel eerste rolstoel. Die oomblik toe hy sy rolstoel ontvang, is hy op soek na al wat n avontuur is… In 'Die lewe is n lied!' agter in die boek vertel Mathys Roets van al sy avonture in sy rolstoel.

DIY vir Divas
R 90.00
DIY vir Divas is 'n eenvoudige gids vir die vrou, uit die oogpunt van 'n vrou. Die nuttige boek leer jou meer oor die verskillende soorte gereedskap en toebehore wat nodig is vir basiese huisreparasies en doen-dit-self-projekte. Daarna lei dit jou stap vir stap deur 'n aantal projekte. Begin met klein projekte en opknappingstakies en kort voor...

Dodelikste donuts in die heelal
R 185.00
Wynand se ma is nou wel 'n superheldin met supersoniese, superheldin tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak 'n ander plan: sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend reg oor die wêreld! ...

Doel!
R 260.00
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie!’n Fees van sokker feite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokker kenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokke...

Doendinge vir elke dag van die jaar (Fanie Viljoen)
R 140.00
Vir die kind wat altyd iets soek om te doen – maar nie weet wat nie! Die boek het soveel oulike idees – jou kop sal BARS! Kunsprojekte, inkleuraktiwiteite, wetenskapeksperimente, sport, speletjies en meer! Met 366 dinge om te doen (plus bonusaktiwiteite soos Kerskaartjies maak) sal kinders nooit weer die gevreesde woorde: “Ek is verveeeeeld!” sê...

Dokter sonder Grense
R 40.00
Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitêre organisasie Dokters sonder Grense werk. Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor. Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat ho...

Dolfie Weerwolfie
R 170.00
Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis ’n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar ’n stert! Hy is … ’n weerwolf! Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie ’n weerwolf wees n...

Dolfie Weerwolfie: Silwertand
R 170.00
Dolfie bly baie lekker by Timmie en sy ouers. En al die hoenders in die buurt leef nog! Uit die bloute kry hulle 'n besoeker met 'n rillerbrief by hom. Die brief sê dat Dolfie by die man moet gaan bly. Dolfie mag nie meer by Timmie en sy ouers bly nie. Oupa Weerwolf is onrustig. Hy herken die berugte oom Silwertand!

Dolfie Weerwolfie: Volmaan
R 170.00
Dolfie is saam met sy klasmaats op ’n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel ’n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets i...

Dolfie Weerwolfie: Weerwolfbos
R 170.00
Op 'n dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig 'n protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal d...

Donker Web (Fanie Viljoen)
R 295.00
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skaduwee van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper ...

Donkie se lang pad dorp toe
R 230.00
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by tot die ...

Dood en die Sin van die lewe, Die
R 70.00
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake....

Doodle Art Colouring / Krabbelkuns Inkleur 1
R 120.00
“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” Só sê Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlik...

Doodle Art Colouring / Krabbelkuns Inkleur 2
R 120.00
“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” Só sê Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlik...