- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks
Jasper: Wat ’n Partytjie
R 50.00
Maklik verstaanbare storie in grootdruk vir voorlees en selflees. Vrolike, kleurvolle illustrasies – interaktief met Jasper: My eerste rympie-woordeboek.
Jenna en die Leesperd
R 185.00
Jenna se wereld tuimel inmekaar nadat sy uitvind dat sy weens ‘n rare siekte vir ‘n lang tyd nie mag perdry nie – dit nadat sy pas tot die beroemde Meg Kingsley se uitsoek-ruiterkuns oefengroep verkies is. Hoe kan ‘n mens se lewe so vinnig verander? Van belowende ruiter tot stalhulp vir terapieperde?
Jesus en sy Wonderwerke (6-in-1 Legkaartbybel)
R 170.00
Die Jesus en sy wonderwerke 6-in-1 Legkaartbybel bied die unieke geleentheid om kinders stukkie vir stukkie, legkaart vir legkaart bekend te stel aan Jesus se lewe en sy wonderwerke. Saam vorm die ses legkaarte ’n groter prentjie wat die volle storie uitbeeld. Sien aan die einde met een oogopslag hoe Jesus sy liefde vir mense deur sy lewe en sy ...
Jesus Is Lief Vir Klein Hartjies
R 180.00
Jesus is lief vir kindertjies en sorg graag vir hulle, dit is duidelik in die Bybelverhaal waarin Jesus die kindertjies na Hom toe nooi. In Jesus is lief vir klein hartjies ontdek peuters presies hoe lief Jesus hulle het. Van die bekendste stories oor Jesus en sy liefde word eenvoudig oorvertel sodat kleingoed dit maklik sal verstaan. Die ...
Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...
Jesus Maak Harte Heel
R 60.00
Ouers probeer hul kinders dikwels beskerm teen die seerkry in die wêreld, maar ons kan hulle nie teen alles beskerm nie. Kinders sal steeds seerkry en hartseer ervaar, maar ons kan hulle wel leer om vas te hou aan die waarheid van die Woord van God.Jesus maak harte heel maak die deur oop vir ’n gesprek oor hoe kinders kan reageer op die manier w...
Jesus Speurder (Soek en vind)
R 56.00
Is jy n bobaasspeurder? Het jy arendsoe? Hierdie boek is 'n skatkis vol gedetailleerde illustrasies van die tyd wat Jesus op aarde was. Jy sal ure van pret he terwyl jy mense en voorwerpe probeer soek. Toets jou vermoe om dinge wat ander miskyk raak te sien en beleef van die grootste gebeurtenisse in die lewe van Jesus.
Jesus-Stories Vir Slaaptyd: Dagstukkies vir Kleingoed
R 90.00
Laat hierdie ’n versameling gebede en oordenkings jou kind help om die waarde en vreugde van daaglikse stiltetyd te verstaan. Bedtyd is ‘n kosbare tyd van die dag om saam met jou kind deur te bring. Raak saam met jou kleinding rustig na al die dag se bedrywighede en geniet ‘n leesuur uit die Woord van God. Ontdek hoe Hy ons daagliks daaraan her...
Jock van die Bosveld
R 190.00
Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet ’n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, ’n...
Jou kind en verlies
R 270.00
’n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel.Selfs as ’n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog ’n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou.Die dood van hetsy ’n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem ni...
Jou Kruger Wildtuin Gids
R 60.00
Jou Kruger-Wildtuin Gids is 'n boek wat jou leer presies hoe lekker die Krugerwildtuin kan wees: Wat om te doen, wat om te verwag, waar om te bly en wat om te eet. Die boek is deurtrek van persoonlike ervarings en herinneringe wat die skrywer oor vyftig jaar opgedoen het, en praktiese raad oor hoe om die beste uit die Wildtuin te haal.
Joyce Meyer: Deur God Vrygemaak
R 50.00
Joyce Meyer het vir jare gelei onder seksuele en emosionele mishandeling totdat sy 'n liefdevolle Vader gevind het wat al haar gebede beantwoord het. Hy het haar emosies, haar gees en ook die rigting wat haar lewe sou inslaan, verander.
Justin Fortuin, seerower
R 220.00
Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is 'n reenerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef 'n opwindende avontuur vol raaisels e...
Justin Fortuin, skattejagter
R 220.00
Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie – al bly sy in 'n ou kasteel. Maar kort voor lank is hy reg in die middel van 'n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.
Juwele - in 'n Japtrap
R 120.00 R 150.00
Kralewerk is nog net so verslawend soos altyd, en hierdie titel sal grootliks daartoe bydra dat dit so bly! Dis spesifiek geskryf vir die haastige, ongeduldige kralewerker en heelwat van die meer as 55 oorspronklike kralejuwele kan binne 'n uur of twee voltooi word. Daar is ook verkeie variasies, met die volgende hoofafdelings: Swewende krale, m...
Jy is 'n Regte Wonderdier
R 65.00
Almal hou baie van die duikhoendertjie en wys hom hoe om sekere dinge te doen, maar hy leer baie stadig. Daarom vermoed niemand dat hy 'n regte wonderdier is nie... En tog, vir almal wat weet: Elke kind is iets baie besonders!