- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks

Keegan en Samier 3: Die strokiesprent-kompetisie
R 65.00
Keegan kry die geleentheid om 'n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer - en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde ... maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry ...

Keegan en Samier 4: Die nuwe vriende
R 65.00
Keegan, Samier en Samia gaan speel sokker in die parkie. Daar kry hulle vir Ghielie en sy nefies en saam speel hulle 'n heerlike spel. Samia is 'n uitstekende sokkerspeler! Maar dan kom Brent Petersen daar aan – en hy wil glad nie saam met 'n meisie sokker speel nie! Sal hulle nog steeds almal kan sokker speel of gaan Brent die hele dag...

Kieme: Boosaardige Bakterieë, Woeste Virusse en Vieslike Fungusse
R 85.00
Hulle is piepklein … grillerig … en fantasties! Ontmoet die bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wêreld aan die gang hou. Wat het ’n gloeiende seekat, ’n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wêre...

Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde
R 180.00
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle ...

Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde
R 180.00
Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou...

Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
R 180.00
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgeva...

Kiets in Parys
R 160.00
Kiets is anders as die ander katte in die agterstrate in Parys. Sy kan enige iets doen waarop sy haar kop sit. Selfs wanneer ander nie in haar glo nie. Sy verlaat haar katfamilie en gaan ontdek die stad, waar sy die aande om dans en sing. Op haar reis ontmoet sy die legendariese Edith Piaf en Josephine Baker. Kort voor lank is sy ook beroemd. Ma...

Kinderbybel: Anne de Graaf
R 300.00
Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe. Die kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee....

Kinderland
R 200.00
Kinderland is 'n pragtige kinderboek met 21 bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van 'n reeks van ses bundels, onder andere Kammaland, Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan jong kinders en s...

Kinders se voël van Suider-Afrika
R 190.00
Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens groo...

Kinkels en keuses 1: Die holderstebolder hondepartytjie
R 165.00
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hê, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as ...

Kinkels en keuses 2: Die belaglike bak en brou bohaai
R 165.00
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met ...

Kinkels en keuses 3: Die maniese muskietmoles
R 175.00
WJ, his sister Mindie, and their best friend Raj, want to dress up in something extraordinary for the school's costume day at the end of Book Week. They have to dress up like characters from their favorite book and decide on The Three Musketeers. But when they come across the perfect accessories for their costumes in a strange antique shop, thin...

Klank en Vibrasies
R 70.00
Klank en vibrasies stel die leser bekend aan die belangrikheid van klank in ons daaglikse lewens. Vind uit oor hoe dit gemaak en waargeneem word, leer oor enkele ongewone gebruike van klank en ontdek hoe dit opgeneem en gereproduseer kan word.

Klankboek: Baba Diertjies
R 295.00
Leer alles oor baba diertjies in hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met tien dieregeluide en maklik om te gebruik sleutels.

Klankboek: Gelukkige Olifant
R 100.00
Trompetter! Trompetter! Olifant is mal daaroor om sy ore te swaai, in die water rond te plas en sy oerwoudvriende te laat lag! Met 'n prettige klankknoppie wat kinders graag sal wil druk, is hierdie boek perfek vir 'n lawaaierige storietyd!