- Home
- DiskontoBooks
- Afrikaans
DiskontoBooks

Ongevalle in die Dierehospitaal Oudioboek
R 100.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!

Onkant
R 120.00
Kayla is moeg vir al die praatjies by die skool. Dit voel al asof dit op haar voorkop geskryf staan: Pa het werk verloor. Finansiele probleme. Moes huis verhuur. Woon nou in woonstel bokant die Spar. En dan is daar die ding met Coach. Haar hokkieafrigter maak haar deesdae ongemaklik, met die manier hoe hy na haar kyk en die dinge wat hy se. Maar...
Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)

Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)
R 120.00
Gedurende die eerste twaalf maande is daar wonderlike oomblikke en gebeurtenisse om te onthou. Foto's van spesiale tye saam en ontwikkelingsfases van ons kleinding wil ons koester. Hierdie pragtige geïllustreerde boek bied die geleentheid om die eerste jaar se belangrike mylpale en gebeure vas te vang.
Ons Baba se Eerste Jaar (Pienk)

Ons Baba se Eerste Jaar (Pienk)
R 120.00
Gedurende die eerste twaalf maande is daar wonderlike oomblikke en gebeurtenisse om te onthou. Foto's van spesiale tye saam en ontwikkelingsfases van ons kleinding wil ons koester. Hierdie pragtige geïllustreerde boek bied die geleentheid om die eerste jaar se belangrike mylpale en gebeure vas te vang.

Ons is Een
R 160.00
Ek en jy lyk dalk verskillend, ons klink verskillend, ons bly op verskillende plekke en ons eet verskillende soorte kos, maar wanneer ek in jou oe kyk, sien ek myself. 'n Warm, vertroostende boek oor die wonder van vriendskap!

Ontdek die Diereryk
R 190.00
Of ’n mens nou van reenwoude, grasvlaktes, ysvelde of jou eie agtertuin praat: die diereryk is ’n skatkis vol van verstommende feite en fassinerende besonderhede. Pragtige foto's en illustrasies, feiteblokkies en boeiende brokkies maak van hierdie boek 'n ontdekkingsreis deur die wereld van soogdiere, voels en insekte.

Ontdek En Doen: Diere
R 60.00
In hierdie boekie is kleurvolle illustrasies oor diere wat in die natuur voorkom. Kleurers sal dit geniet om dinge te ontdek en te wys wat hulle sien. Dis die perfekte geleentheid vir klein kinders om met boeke kennis te maak!

Ontdek En Doen: Dinosourusse
R 60.00
Ontdek en Doen: Dinosourusse is 'n wonderlike vroeë jare bordboek. Elke bladsy bevat 'n ander dinosourus en moedig jou kind aan om 'n vraag te beantwoord of op een of ander manier met die bladsy te kommunikeer. Byvoorbeeld 'Waar is die kopwapen op die Parasaurolophus?' en 'Kan jy die duimpunte van die Iguanodon sien?'. Met deurgaans vet illustr...

Ontdek En Doen: Oseane
R 60.00
In hierdie bokie is kleurvolle illustrasies oor seediere wat in die oseane voorkom. Kleuters sal dit geniet om dinge te ontdek en te wys wat hulle sien. Dis die perfekte geleentheid vir klein kinders om met boeke kennis te maak!

Ontdek En Doen: Ruimte
R 60.00
In hierdie biekie is kleurvolle illustasies oor die ruimte. Kleuters sal dit geniet om dinge te ontdek en te wys wat hulle sien. Dis die perfekte geleentheid vir klein kinders om met boeke kennis te maak!

Ontdek: Die Menslike Liggaam
R 205.00
Hierdie boek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die menslike liggaam te ontdek. Dit bied ’n omvattende blik op liggaamsprosesse –– van die kleinste selletjies tot die stelsels wat mense aan die lewe hou! Kinders kan onder andere ontdek hoeveel bloed deur die hart gepomp word, hoeveel spiere gebruik word om te glimlag en hoe die ne...

Ontdek: Die Oseaan
R 230.00
Hierdie boek gee nuuskierige agies die kans om alles oor die oseaan te leer. Die inhoud dek onder andere oseane van die verlede en vandag, golwe en die weer, sand en modder, seebeddings, rotse onder en bo water, lewe op koraal, roofdiere, aanval en verdediging, beweging, die bodem, duikbote, visvang en oseaanprodukte, olie en gas, en meer...

Ontdek: Diere
R 205.00
Hierdie diereboek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die diereryk te ontdek. Dit bied ’n omvattende blik op allerhande soorte diere –– van die kleinste insekte tot die enorme boggelrugwalvis! Kinders kan onder andere ontdek hoe voëls, vlermuise en insekte begin vlieg het, waarvoor diere hulle kleur gebruik en hoe pikkewyne die erg...

Ontdek: Insekte
R 230.00
Hierdie boek gee nuuskierige agies 'n kans om in detail alles oor insekte te leer, met ongelooflike foto's wat daarmee gepaardgaan. Die inhoud dek onder andere die dele van 'n insek, wat 'n insek is, die eerste insekte, kewers, vlieë , skoenlappers en motte, wantse, wespe, bye en miere, ander insekte, vyande, insekte in die water, hoe neste...

Ontdek: Planete
R 205.00
Hierdie ruimteboek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die ruimte te ontdek. Dit bied ’n omvattende blik op wat in die ruimte aangaan –– van die aarde se bure in die ruimte tot die rotsagtige binneplanete en die grootste gasreuse! Kinders kan kyk na die agt planete wat om die son wentel, asook mane, asteroïede, dwergplanete, komete...

Ontdekkingsreis deur die Bybel vir Kinders
R 130.00
Dave Strehler bied met ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders ’n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp. Dié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer. ’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders lei kinders d...