- Home
- diskontobooks
- Afrikaans
diskontobooks
Okkasies
R 80.00
Okkasies moedig jou aan om van elke maaltyd ’n spesiale geleentheid te maak, al is dit ontbyt, middag- of aandete. Eerder as ontbyt op die gallop eet, middagete agter jou lessenaar of in die motor afsluk. Behalwe al die liplekker resepte verskaf die boek ook algemene inligting soos spyskaartbeplanning, tafelvoorbereiding, uitnodigings, plasing ...
Olifant wat bang was, Die
R 125.00
Olifant kan nie sy ma kry nie, en skielik word die bos 'n vreesaanjaende plek vol spokerige geluide en donker vorms. Maar dan ontmoet hy 'n verlore luiperd. Hoe gaan die twee bang maats die pad huis toe kry?
Olifantjie Wat Aan Die Slaap Wou Raak, Die
R 60.00
'n Slaaptydstorie gebruik gesofistikeerde sielkundige tegnieke wat ontwerp is om kinders rustig en aan die slaap te maak. Die hasie wat aan die slaap wou raak was 'n internasionale blitsverkoper. Nou is die opwindende tweede boek in hierdie baanbrekerreeks beskikbaar! In die boek stap Alie die olifantjie deur die woud, terwyl sy gereed maak...
Olivia se olifant
R 145.00
Toe Olivia Olivier op die oggend van haar tiende verjaardag wakker word, verwag sy glad nie om ’n baie verwarde olifant op haar voorstoep te kry nie. Olivia se olifant is ’n betowerende storie oor ’n ongewone vriendskap tussen ’n dogtertjie en haar olifant.
Om jou te Ken
R 180.00
Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword. Al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are. Gelukkig het Gabby goeie vriende en dalk selfs iets meer as net vriendskap met Brandon... Toe die matriekgroep van Barkly-Wes op ’n toer na...
Om te Dans
R 200.00
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Maar toe verander alles in ’n oogwink. Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe sk...
Omdat ek so lief is vir jou
R 160.00
Ysie ysbeer weet al baie: waar die lekkerste visse swem, hoe om 'n sneeuvlokkie te smaak, dat die wind kan streel en byt, en wanneer die son of die maan skyn. Hy weet ook hoe ver hy van sy mamma af kan dwaal sonder dat hy in gevaar is. Daar is natuurlik dinge wat Ysie nog nie heeltemal verstaan nie, maar die antwoord op die belangrikste vraag ke...
Onbeskryflik: 100 Dagstukkies oor God en Wetenskap
R 280.00
Onbeskryflik: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louie Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, d...
Onderwêreld
R 242.00
Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy 'n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom, onwillekeurig, in 'n ...
Ongevalle In Die Dierehospitaal
R 300.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Ongevalle in die Dierehospitaal Oudioboek
R 100.00
As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!
Onkant
R 120.00
Kayla is moeg vir al die praatjies by die skool. Dit voel al asof dit op haar voorkop geskryf staan: Pa het werk verloor. Finansiele probleme. Moes huis verhuur. Woon nou in woonstel bokant die Spar. En dan is daar die ding met Coach. Haar hokkieafrigter maak haar deesdae ongemaklik, met die manier hoe hy na haar kyk en die dinge wat hy se. Maar...
Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)
Ons Baba se Eerste Jaar (Blou)
R 120.00
Gedurende die eerste twaalf maande is daar wonderlike oomblikke en gebeurtenisse om te onthou. Foto's van spesiale tye saam en ontwikkelingsfases van ons kleinding wil ons koester. Hierdie pragtige geïllustreerde boek bied die geleentheid om die eerste jaar se belangrike mylpale en gebeure vas te vang.
Ons Baba se Eerste Jaar (Pienk)
Ons Baba se Eerste Jaar (Pienk)
R 120.00
Gedurende die eerste twaalf maande is daar wonderlike oomblikke en gebeurtenisse om te onthou. Foto's van spesiale tye saam en ontwikkelingsfases van ons kleinding wil ons koester. Hierdie pragtige geïllustreerde boek bied die geleentheid om die eerste jaar se belangrike mylpale en gebeure vas te vang.
Ons Grootste Springbokhelde : De Klerk
R 120.00
Hy nooit vir 'n Cravenweekspan geskies nie, maar Faf de Klerk het nie moed opgegee nie. Met ongeewenaarde wilskrag en deursettingvermoe het hy 'n Springbok geword. Faf was 'n deurslaggewennde deel van die span wat die Wugbywereldbeker in 2019 en 2023 gewen het.
Ons Grootste Springbokhelde : De Klerk
R 120.00
Die Springbokke is veel meer as net 'n rugbyspan – hulle is 'n simbool van moed, deursettingsvermoë en trots vir Suid-Afrika. Agter elke groot oorwinning lê die verhaal van spelers wat hard gewerk, uitdagings oorkom en nooit opgegee het nie. Van hul eerste treë op die rugbyveld tot hul grootste oomblikke op die wêreldverhoog, inspireer hierdie h...